Stel ons op die proef, vir nuus wat jy kan vertrou. Registreer vir 30 dae gratis
Omgewing
Berede eenheid gaan stropery in wildtuin bekamp
Een van die perde waarmee patrollies in die Krugerwildtuin gedoen sal word.

Sanparke bring berede patrollies terug na die Krugerwildtuin in ’n poging om stropery te bekamp.

Die aanvoorprogram, onder leiding van Karien Keet van Sanparke in Phalaborwa, is van stapel gestuur om die doeltreffendheid en lewensvatbaarheid te toets van die idee om perde in teenstropingsoperasies in te span.

Die wildtuin het ’n lang en kleurvolle geskiedenis van die gebruik van perde, maar die diere is dekades gelede deur die gebruik van gemotoriseerde voertuie vervang.

Die diere kan vinnig beweeg en maak baie minder geraas as ’n voertuig wanneer hulle deur die bosse beweeg.

Keet, ’n ervare ruiter, sê sy glo die gebruik van berede eenhede in teenstropingsoperasies is ’n “krag waarmee rekening gehou moet word”.

Volgens haar sal die berede eenhede nie net ’n doeltreffende wapen in die stryd teen stropery wees nie, maar sal bewaringsbestuur ook daarby baat vind.

“Die Phalaborwa-seksie van die Krugerwildtuin moet daagliks deur ruiters op perde gepatrolleer word,” sê Keet.

“Die diere kan vinnig beweeg en maak baie minder geraas as ’n voertuig wanneer hulle deur die bosse beweeg.”

Die projek word gefinansier deur Sanparke se ereveldwagters van die Bosveld- en Hoëveldgebiede. Keet se man, Dewald, is ’n veearts en sal seker maak die perde kry die beste moontlike mediese behandeling, wat gereelde ondersoeke en gereelde inentings sal insluit.

Garribaldi en Sabot – twee perde wat noukeurig gekies is vir hul temperament en uithoudingsvermoë en reeds op ’n wildplaas van 4 000 ha met wild kennis gemaak het – is reeds vir die proeflopie by Phalaborwa gestasioneer.

* Vir meer inligting oor die projek sien www.sanparksvolunteers.org

Meer oor:  Krugerwildtuin  |  Sanparke  |  Stropers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.