23 Augustus 13:57
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 12°C

Wind 19km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 12°C

Wind 28km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 60%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 63%

Saterdag

16°C / 11°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 33km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Maandag

20°C / 9°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 51%

Omgewing
Dáárom is mynreg in Mabola toegestaan

Die departement van omgewingsake meen Mabola, ’n sensitiewe, waterryke gebied buite Wakkerstroom, is net ’n gewone bewaarde gebied en daarom mag Atha Africa steenkool daar myn.

Sy besluit berus op wetenskaplike bevindings, het die departement Dinsdag gesê.

Edna Molewa, minister van omgewingsake, het omgewingsgoedkeuring vir mynbou in dié bewaarde gebied gegee.

Twee weke gelede het Thomas Hadebe, DA-woordvoerder oor omgewingsake, Molewa se adjunk, Barbara Thomson, en haar amptenare in die portefeuljekomitee oor omgewingsake hieroor uitgetrap.

Hadebe het gesê die departement maak ’n bespotting van bewaring en kom nie hul mandaat na nie.

Dit is ’n skande dat Molewa goedkeuring aan die Indiese mynreus gegee het om in Mabola te myn, het hy gesê. As mynbou in Mabola voortgaan, sal dit ’n gevaarlike presedent met ander bewaarde gebiede in Suid-Afrika skep.

Die departement sê in sy verklaring dít is onlogies. Geen mynbou mag in “wettige” bewaarde gebiede soos natuurreservate, nasionale parke, spesiale natuurreservate, die kerngebied in ’n biosfeerreservaat en Wêrelderfenisgebiede plaasvind nie.

“Dit is dus verkeerd om te meen die departement het goedkeuring gegee vir mynbou in ’n gebied waar dit onwettig sou wees om te myn.”

Die departement sê uitgebreide, moderne wette, soos die Nasionale Omgewingsbestuurswet (Nema), rig sy benadering tot natuurlike hulpbronne. Omgewingsimpakstudies word ook gedoen.

“Die minister van omgewingsake en van water en sanitasie het ná verskeie oorwegings goedkeuring vir hierdie myn gegee,” lui die verklaring.

Die departement sê Atha Africa het die prospekteerregte vir Mabola in 2011 by BHP Billiton oorgeneem. Die departement is oortuig daarvan dat Atha Africa die gebied behoorlik sal rehabiliteer wanneer hy sy bedrywighede staak.

Atha Africa het glo bande met twee van pres. Jacob Zuma se neefs.

Verskeie omgewingsorganisasies snoer kragte saam en is besig met uitgebreide regstappe teen die departement van omgewingsake, van water en sanitasie en van minerale bronne omdat Atha Africa se mynplanne goedgekeur is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.