23 Augustus 13:57
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 12°C

Wind 19km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 12°C

Wind 28km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 60%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 63%

Saterdag

16°C / 11°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 33km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Maandag

20°C / 9°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 51%

Omgewing
‘Dis peuter met natuur’
Vyftig swartwitpense van ’n nasionale park is aan private wildtelers geskenk.

Parlementslede beskuldig die Noordwes-regering daarvan dat hulle “met die natuur peuter” deur al die buffel-koeie uit twee nasionale parke te verwyder en net die bulle oor te hou.

Sowat 50 renosterkoeie is aan private wildtelers geskenk.Foto: Gys Visser

Die koeie is boonop geskenk aan ’n onderneming wat luidens sy webwerf meer as 2 000 ha gebruik om “een van die voorste skaarswild-telers in Suid-Afrika” te wees. Hulle verkoop dié wild.

Noordwes se departement van landelike, omgewings- en landbou-ontwikkeling het sowat 150 buffels, 50 renosters en 50 swartwitpense ter waarde van sowat R100 miljoen geskenk.

Dié diere kom uit sewe van die parke in Noordwes.

Die departement is in November deur die parlement oor die kole gehaal en hulle moes opvolgdokumentasie aan LP’s verskaf oor die impak van die skenking op die lewensvatbaarheid van teling van die diere wat in die parke agterbly.

Manketsi Tlhape, Noordwes se LUR vir landelike, omgewings- en landbou-ontwikkeling, het erken daar was nie behoorlike beheer oor die skenking nie.

Vyftig swartwitpense soos dié is uit sewe parke in Noordwes aan private wildtelers geskenk.

Maar in ’n voorlegging aan die portefeuljekomitee oor omgewingsake die afgelope week het die departement die skenking geregverdig en gesê dit het geen negatiewe uitwerking gehad nie.

Volgens die departement het uitdagings soos erge stroping, mededinging tussen diere en voedingstekorte dit vir dié diere moeilik gemaak om te oorleef.

Daarom is hulle geïdentifiseer vir die projek.

Maar ontevrede LP’s het bevraagteken hoekom al 13 buffelkoeie van die Molemane Eye geskenk is en net 11 bulle agtergelaat is. By Borakalalo is al sewe die koeie geskenk en 18 bulle het agtergebly.

“As dit net bulle is wat oorbly, word hul potensiaal om te teel geraak en dit is teen bewaringsbeleid,” het Philemon Mapulane, voorsitter van die portefeuljekomitee, gesê. “Hoekom al die vroulike diere vat? Hulle moet ’n maat kry en voortplant. Nou is hulle alleen, gefrustreerd en baklei dalk selfs met mekaar. Dit (om die koeie te verwyder) was baie verkeerd en peuter met die natuur,” het hy gesê.

Tlhape, vergesel deur dr. ­Poncho Mokaila, hoof van die departement, en Jonathan Denga, direkteur van biodiversiteit, het erken dat die welstand van die buffelbulle in die gedrang kan wees.

“By Molemane Eye is die koeie eerste verwyder weens ’n gebrek aan voer. Bykomende voer was nodig, veral vir koeie met kalfies wat moet drink,” het die afgevaardigdes gesê.

“By Borakalalo is die diere bedreig deur stroping en veiligheid hier moet opgeskerp word.”

Tlhape sê daar is sedert 1994 ’n skenkingsbeleid as deel van ’n bewaringsprojek om eienaarskap van wild te transformeer en ­nuwe toetreders tot die wildbedryf te bemagtig. “Die parke sal op die duur baat vind by die skenkings omdat dit gekoppel is aan ’n teelprogram,” sê Tlhape.

Mapulane stem nie saam nie. Hy sê dit is oneerlik om te sê die diere kom terug nadat hulle geteel het omdat dit ’n “skenkingsprojek” is.

LP’s het ook gevra waarom die begunstigdes ’n wit pa en seun is, en nie voorheen benadeeldes nie omdat dit teenstrydig is met die transformasiemissie van die skenkingsprogram. Die komitee sal nou voorstelle opstel en het versoek dat die departement hul skenkingsprogram uitstel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.