29 Mei 08:01
Kaapstad Verander Area

Maandag

20°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Dinsdag

21°C / 14°C

Wind 8km/h

Reënval 0

Humiditeit 49%

Woensdag

20°C / 15°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Donderdag

18°C / 14°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 72%

Vrydag

21°C / 14°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Saterdag

18°C / 14°C

Wind 28km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Omgewing
Energiebeleid: Maak reg vir veldslae

Die Sentrum vir Omgewingsgeregtigheid (CER) beskou pres. Jacob Zuma se kabinetskommeling as “hoogs ontwrigtend” en “onheilspellend” en meen dit hou direkte implikasies vir Suid-Afrika se energieplan in.

Maak reg vir veldslae, het die CER Maandag in ’n verklaring gesê.

Volgens Nicole Loser, die CER se regsverteenwoordiger, het burgerregteorganisasies verlede jaar baie hard gewerk om seker te maak die stemme van gewone mense word gehoor wanneer die land se nuwe energiebeleid – die geïntegreerde hulpbronplan vir elektrisiteit (IRP) en die geïntegreerde energieplan (IEP) – bepaal word.

Op 31 Maart, die aand waarop belanghebbendes hul laaste kommentaar en bydraes kon instuur, is die land geskud toe Zuma die kabinet skielik geskommel het.

Die feit dat kundige en beginselvaste sleutelministers afgedank is, hou regstreekse implikasies vir die beplanningsproses van Suid-Afrika se toekomstige energieplan in.

“Daar is nou ’n duidelike kloof tussen diegene met ’n gevestigde belang in steenkool en kernkrag en diegene wat ’n regverdige oorgang na ’n hernubare energiestelsel vir die land beoog.

“Ons sal nie staan en toekyk hoe hierdie kragte (binne die regering) Suid-Afrika se Grondwet en sy wette oortree deur keuses te maak ten gunste van steenkool en kernkrag nie.”

Die CER wys daarop dat die IRP, soos dit tans daaruit sien, in ’n groter mate staatmaak op die verbranding van steenkool, ondanks die feit dat dit skadelik is vir mense se gesondheid en dat dit klimaatsverandering versnel.

In die IRP word tot en met 2041 vir steenkoolkragsentrales voorsiening gemaak.

“Dít ondanks die feit dat die regering self erken Suid-Afrika is uiters kwesbaar vir klimaatsverandering en die land se verbintenisse onder die Parys-klimaatooreenkoms. Hierin beloof Suid-Afrika die land sal teen die helfte van die eeu koolstofneutraal wees.

In die IRP word onregverdige beperkings gestel op hernieubare energiebronne as deel van Suid-Afrika se elektrisiteitsamestelling.

Die CER waarsku daar is oor die wêreld heen hofaksies aan die gang waar die burgerlike samelewing regerings tot verantwoording roep omdat hulle nie genoeg doen om mense teen die skadelike gevolge van klimaatsverandering te beskerm nie. Die CER sê voorts dit is nie vir Suid-Afrika ekonomies lewensvatbaar om op nog steenkool in die toekoms te steun nie.

Die CER eis dat:

* die openbaredeelnameproses vir die IRP en die IEP uitgebrei word sodat meer mense daaraan kan deelneem;

* ’n omvattende studie gedoen word oor die maatskaplike en omgewingskoste van elke energie-opsie wat oorweeg word;

* die beperkings op son- en windenergie weggelaat word;

* daar geen voorsiening vir nuwe steenkoolkragsentrales gemaak word nie.

“Ons doen ’n beroep op die departement van energie en Mmamoloko Kubayi, die nuwe minister, om die IRP en IEP so gou as moontlik aan te pas sodat Suid-Afrikaners in ’n skoon en gesonde omgewing kan leef en werk.”

* Die CER en Earthlife Africa het onlangs ’n oorwinning in die hooggeregshof in Pretoria behaal toe regter John Murphy die omgewingsgoedkeuring (deur Edna Molewa, minister van omgewingsake) vir die Thabametsi-steenkoolkragsentrale, in die lig van klimaatsverandering, ter syde gestel het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.