27 April 20:50
Kaapstad Verander Area

Vrydag

22°C / 15°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Saterdag

27°C / 18°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 36%

Sondag

18°C / 17°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 83%

Maandag

19°C / 16°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Woensdag

21°C / 14°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 46%

Omgewing
Wolkbreuk oorstroom paaie in Bloemfontein

’n Wolkbreuk oor die Bloemfonteinse middestad het Donderdagmiddag voetgangerpaadjies en paaie oorstroom en ’n brug tydelik onbegaanbaar gemaak, maar skynbaar geen permanente skade aangerig nie.

“Die reënbui was gelukkig nie so erg as wat ons oorspronklik verwag het nie en geen ernstige voorvalle is by ons aangemeld nie,” het Qondile Khedama, munisipale bestuurder van die Mangaung-metro, ná die stortvloed gesê.

Volgens hom is Kingsway in die stad die ergste geraak, maar het die munisipaliteit toe die reën op hulle toesak dadelik hul stormwaterwerkspanne uitgestuur om seker te maak die stormdreineringstelsels is oop en het die meeste paaie op die dorp gevolglik begaanbaar gebly.

Die storm het van omstreeks 15:00 af omtrent 90 minute lank gewoed en was teen 17:00 heeltemal opgeklaar.

Lucas Bezuidenhout, ER24-takbestuurder, het gesê hulle is net na drie ongelukke uitgeroep.

Niemand is ernstig in die voorvalle beseer nie en geen erge skade is aangerig nie.

Braam van Zyl, afdelingsoffisier van Mangaung se brand-en-reddingsdiens, het gesê: “Ons het ’n paar oproepe gekry van mense wat in hul motors vassit, maar teen die tyd wat ons op die toneel aangekom het, was die probleem in die meeste gevalle reeds opgelos.”

Volgens hom het ’n “paar bome” omgeval, maar was al die paaie in die middestad, insluitend Kingsway, teen skemer begaanbaar.

Pusuletso Mofokeng, weervoorspeller by die Suid-Afrikaanse Weerdiens, sê dit is moeilik om vas te stel of die laagdrukstelsel Ex-Dineo enigiets met die wolkbreuk te doen gehad het.

“Dié soort storms is baie onvoorspelbaar en kan tot hewige donderstorms honderde kilometers verder aanleiding gee, maar ons satellietfoto’s wys nie tans enige verdere aktiwiteit rondom Bloemfontein nie,” het Mofokeng gesê.

Volgens die weerdiens kan gebiede noord van Vryburg Donderdagaand moontlike ernstige donderbuie verwag, terwyl moontlike ernstige storms net wes van Vryburg verwag kan word.

Daar was Donderdagaand ook hewige reënval in die omgewing van Delareyville, het Mofokeng gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.