23 Augustus 13:58
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 12°C

Wind 19km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 12°C

Wind 28km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 60%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 63%

Saterdag

16°C / 11°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 33km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Maandag

20°C / 9°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 51%

Omgewing
Jagvereniging se hoof bedank oor geblikte leeujag
Foto ter illustrasie.Foto: Verskaf

’n Storm het Woensdag in die jaggemeenskap losgebars nadat Stan Burger Dinsdagaand as die president van die Professionele Jagtersvereniging van Suid-Afrika (Phasa) bedank het oor konflik in dié organisasie oor geblikte leeujag.

Burger sê in sy bedankingsbrief jagverenigings reg oor die wêreld word deur ernstige uitdagings in die gesig gestaar.

“Phasa is geen uitsondering nie.”

Hy erken in die brief daar is verdeeldheid in Phasa en dat sy bedanking “hopelik” weer eenheid in die vereniging sal bring.

Burger is bekend vir die sterk standpunt teen geblikte leeujag wat hy die afgelope twee jaar ingeneem het.

Phasa het in 2015 besluit hy gaan nie die geblikte jag of teel van leeus ondersteun nie en het van die “leeumanne” geskors wat dit nie wou onderteken nie.

Van die leeutelers wat uit Phasa geskors is, het ’n hofaansoek gebring om die organisasie te dwing om hulle weer in die vereniging op te neem. Die leeutelers het die saak op ’n tegniese basis gewen.

Na wat betroubaar verneem word, gaan sowat 20 leeutelers en Phasa-lede binnekort aan tugverhore onderwerp word.

’n Anonieme bron het gewaarsku Phasa dreig om te skeur.

Burger het geweier om kommentaar oor sy bedanking te lewer omdat hy ’n vertroulikheidsooreenkoms met die partye in Phasa onderteken het. Hy het egter gesê hy bly lid van die vereniging en sal hom steeds teen hierdie “onetiese” bedryf beywer.

Die Namibiese Professionele Jagtersvereniging (Napha) het Burger se bedanking Woensdag in ’n brief aan Phasa betreur.

Danene van der Westhuyzen, Napha se president, het in die brief gesê hulle het met skok van Burger se bedanking verneem.

“Napha wens Burger geluk met die sterk standpunt wat hy inneem teen die geblikte teel en jag van leeus. Dit is egter jammer dat hy – in ’n poging om homself van hierdie praktyk te distansieer – genoodsaak was om as president te bedank. Dit is ’n tragiese dag vir die jagbedryf in Afrika.”

Die brief lui voorts: “Suid-Afrika is tans die enigste land ter wêreld waar hierdie praktyk (geblikte leeujag) wettig is.” Napha meen hierdie praktyk bring etiese jag, waar jagters wild deur jag wil bewaar, ook onder verdenking.

“Geblikte leeujag het ’n direkte negatiewe invloed op jag in alle Afrikalande.”

Napha meen diegene wat geblikte leeujag ondersteun, neem die kos uit die mond van gemeenskappe wat afhanklik is van etiese jag.

Luidens ’n verklaring van Phasa gaan Dries van Coller die leisels by Burger oorneem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.