23 Augustus 13:58
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 12°C

Wind 19km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 12°C

Wind 28km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 60%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 63%

Saterdag

16°C / 11°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 33km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Maandag

20°C / 9°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 51%

Omgewing
‘Kruger se renosters sal nie in ons leeftyd uitsterf’
Sam Ferreira. Foto: Argief

“Renosters sal nie in ons leeftyd in die Krugerwildtuin uitsterf nie,” sê dr. Sam Ferreira, grootsoogdier-ekoloog van Sanparke.

Hy het Donderdag op ’n mediakonferensie in Skukuza gepraat oor voorspellings op onder meer sosiale media dat renosters teen 2020 of 2050 ’n uitgestorwe spesie sal wees.

“Onthou, renosters wás ’n uitgestorwe spesie in die Krugerwildtuin. Daar was tot 1961 geen renosters hier nie, toe renosters hier hervestig is,” sê Ferreira.

Die 361 renosters wat toe in die Krugerwildtuin vrygelaat is, het aangegroei tot ’n bevolking wat met ’n blokopname in September 2016 op tussen 6 649 en 7 830 vasgestel is. Die swartrenoster se getalle staan op tussen 349 en 465.

“Die werklikheid is dat as renosters toegelaat word om net hul ding te doen, om aan te teel, sal hulle na hulself omsien.”

Ferreira meen die gedagtegang dat renosters kan uitsterf, versterk die idee dat dit ’n “goeie belegging” is om renosterhoring te bekom.

Hy sê renosterbevolkings word egter goed bestuur en dis nie so maklik om ’n renosterhoring te bekom nie.

“Stropers word gevang en gevonnis, sommige sterf selfs.? Die boodskap moet wees dat dit nie die risiko werd is om ’n stroper te word nie.”

Glen Phillips, bestuurshoof van die Krugerwildtuin. Foto: Alet Joubert

Tog is daar in eie geledere amptenare, of “slange” soos Glen Philips, bestuurshoof van die wildtuin na hulle verwys, wat betrokke is by renosterstroping.

“Ons het beslis probleme in die wildtuin. Die bekendste geval is dié van Rodney Landela (’n senior veldwagter in beheer van die Mopani-noordstreek van die wildtuin, wat in Julie 2016 saam met Kenneth Motshotso, ’n senior werknemer by veeartsenydienste, op aanklag van renosterstropery in hegtenis geneem is).

Poligraaftoetse word nou ingespan om stropers in die personeelkorps uit te snuffel.

“Almal op bestuursvlak en een vlak laer het reeds poligraaftoetse ondergaan,” sê Phillips.

Van die uitslae was positief vir misleiding. Indien ’n tweede toets ook positief is, word daardie persoon aan ’n volle ondersoek onderwerp. Dit sluit ’n leefstyloudit deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) in.

Die toetse sal ook na veldwagters, lede van die beskermingsdienste en uiteindelik alle wildtuinpersoneel uitgebrei word.

“Van die Krugerwildtuin en Sanparke se kant af is ons toegewy om enigiemand wat stropers help of betrokke is by stroping te verwyder,” sê Phillips.

“Ons sal dit verwelkom indien ander wetstoepassingsagentskappe dit ook doen.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.