29 Mei 23:04
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

22°C / 14°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 47%

Woensdag

19°C / 14°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Donderdag

19°C / 13°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 50%

Saterdag

20°C / 16°C

Wind 36km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 69%

Sondag

16°C / 14°C

Wind 13km/h

Reënval 2mm

Humiditeit 65%

Omgewing
Lakenvlei ’n bewaarde gebied ná lang stryd

Lakenvlei, ’n unieke netwerk van veen- en vleilande in Mpumalanga, is ná ’n stryd van langer as nege jaar tot ’n bewaarde gebied geproklameer.

Die aankondiging is Vrydag in Mpumalanga se Provinsiale koerant gedoen.

Andy Mills, voorsitter van die Lakenvlei-grondeienaarsvereniging, sê hy is baie opgewonde en verlig dat die proses nou uiteindelik afgehandel is.

Die amptelike naam van die gebied sal nou die Groter Lakenvlei Bewaarde Gebied wees, sê hy.

Volgens Mills was daar in die stryd om die gebied te bewaar te kry baie veldslae wat gewen moes word.

Die grondeienaars het met die hulp van die Mpumalanga toerisme- en- parkagentskap (MTPA), Birdlife South Africa, die Federasie vir ’n Volhoubare Omgewing (FSE) en die Trust vir Bedreigde Spesies (EWT) en met “passie en deursettingsvermoë” voortgegaan. Vandag is die resultaat daarvan, sê hy.

Die grond van tien eienaars is nou saamgevoeg in die bewaarde gebied, wat 14 000 ha groot is.

Birdlife SA en EWT het hulle veral vir die bewaring van Lakenvlei beywer omdat dit een van die laaste broeiplekke van die bedreigde bloukraanvoël, die mahem en die lelkraanvoël is. Dit is ook die broeiplek van die krities bedreigde witvlerkvleikuiken.

Die EWT beskou Lakenvlei as “ ’n ongelooflike vlei” wat deel uitmaak van ’n baie belangrike veenlandstelsel op die Steenkampsbergplato, sê ’n verteenwoordiger van dié bewaringsorganisasie.

Hierdie veenlandstelsel is sowat 12 000 jaar oud.

Lakenvlei is op die waterskeiding van die Olifants- en Komatirivier tussen Belfast en Dullstroom geleë.

Mills sê ’n bestuursplan vir Lakenvlei sal nou opgestel en in werking gestel word.

Volgens Peter Ardene, ook een van die grondeienaars en een van die voorlopers in die stryd om die bewaring van die gebied, sal toerisme hier meer as 1 100 permanente werkgeleenthede skep.

“Ons het studies gedoen om dit te bewys,” sê hy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.