28 Junie 19:34
Kaapstad Verander Area

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 66%

Vrydag

14°C / 11°C

Wind 9km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 86%

Saterdag

15°C / 12°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Sondag

15°C / 10°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Maandag

16°C / 11°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Dinsdag

15°C / 11°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Omgewing
‘Ministers moet bewaarders van water, omgewing wees’

Dit is teleurstellend dat nieregeringsorganisasies (NRO’s) en die burgerlike samelewing teen ’n hoë koste moet ingryp om ministers van verskeie departemente aan hul pligte as bewaarders van die land se water en omgewing te herinner.

Só het die Sentrum vir Omgewingsgeregtigheid (CER) Dinsdag namens ’n koalisie van agt NRO’s na Edna Molewa, minister van omgewingsake, en haar departement teruggekap.

Dit kom nadat die departement NRO’s en die media onlangs daarvan beskuldig het dat hulle “valshede” verkondig oor die omgewingsgoedkeuring wat Molewa aan die Indiese maatskappy Atha Africa gegee het om steenkool in die beskermde Mabola-gebied uit te haal.

Die departement het gesê hy was genoodsaak om ’n verklaring uit te reik om misverstande uit die weg te ruim en veral om te bewys die omgewingsgoedkeuring vir Atha Africa was nie “onregmatig nie”.

Mabola val egter binne die kategorie van wetlike bewaarde gebiede waar mynbou wel mag plaasvind as die ministers van omgewingsake en minerale bronne baie streng voorwaardes stel om te verseker dat dit op ’n volhoubare manier sal plaasvind.

Volgens die CER is hy die regsverteenwoordiger van die NRO’s wat die goedkeurings wat aan dié steenkoolmyn gegee is, in ’n verklaarde bewaarde gebied en binne ’n strategiese waterbron, na die howe sal bring.

Luidens die departement se verklaring het die regering ’n beleid en “instrumente” ontwerp wat toesien dat al die land se natuurlike hulpbronne, waarby minerale ingesluit is, op ’n volhoubare manier ontgin sal word.

“Hierdie instrumente maak dit vir ons moontlik om ’n balans te kry tussen omgewingsbewaring en ekonomiese ontwikkeling.”

Die departement herinner die NRO’s daaraan dat mynbou verbied word in natuurreservate, nasionale parke, die kerngebied van ’n biosfeer en in Wêrelderfenisgebiede.

“Mabola val egter binne die kategorie van wetlike bewaarde gebiede waar mynbou wel mag plaasvind as die ministers van omgewingsake en minerale bronne baie streng voorwaardes stel om te verseker dat dit op ’n volhoubare manier sal plaasvind.”

Die departement sê voorts soortgelyke “streng gekontroleerde” mynbou sal waarskynlik in die toekoms in die Chrissiesmeer-gebied, die groter Wakkerstroom en die Steenkampsberg-gebied toegelaat word.

In die geval van Atha Africa is die departement tevrede dat die mynhuis alle omgewingsimpakte sal kan herstel. Atha Africa het ook finansiële voorsiening vir die herstel van die omgewing gemaak.

“Die mynbousektor speel ’n sleutelrol in die ekonomieë van Afrika en rolspelers moet erken die sektor het ’n lang pad geloop in sy soeke na oplossings vir die skadelike impak wat hy op sensitiewe ekostelsels maak. Ons is tevrede dat Atha Africa aan hierdie streng vereistes sal voldoen.”

Die CER het gesê die hof sal moet besluit of die ministers hul grondwetlike verantwoordelikhede nagekom het toe hulle vir die mynhuis al die goedkeurings gegee het.

Die CER sê hy besef Atha Africa se infrastruktuur sal buite Mabola val, maar die res van die myn is ondergronds, binne die bewaarde gebied. Die risiko’s van ’n ondergrondse myn (in ’n waterryke gebied) is geweldig groot, sê die CER.

Die CER wys daarop dat die myn steenkool gaan uithaal binne die bron van die Tugela-, Vaal- en die Pongolarivier. Die riviere is die skoon waterbron van “duisende mense” stroomaf.

Die CER sê al die goedkeurings wat vir Atha Africa gegee is, is tans onder appèl of die onderwerp van ’n toekomstige hofgeding.

Die mynbousektor speel ’n sleutelrol in die ekonomieë van Afrika en rolspelers moet erken die sektor het ’n lang pad geloop in sy soeke na oplossings vir die skadelike impak wat hy op sensitiewe ekostelsels maak. Ons is tevrede dat Atha Africa aan hierdie streng vereistes sal voldoen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.