21 Julie 12:33
Kaapstad Verander Area

Vrydag

17°C / 11°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Saterdag

17°C / 11°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Sondag

17°C / 11°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Maandag

17°C / 11°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 44%

Dinsdag

15°C / 9°C

Wind 29km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 63%

Woensdag

14°C / 8°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Omgewing
Myngroep moet kennis gee vóór mynbou in Mabola

Agt nieregeringsorganisasies (NRO’s) en die Indiese mynmaatskappy Atha Africa Ventures (AAV) het Woensdag in die hooggeregshof in Pretoria ’n ooreenkoms bereik ingevolge waarvan die mynhuis die NRO’s vroegtydig sal waarsku voordat hy met enige mynbou-aktiwiteite in die Mabola-bewaringsgebied sal begin.

Luidens ’n brief wat AAV aan die Sentrum vir Omgewingsreg (CER), die regsverteenwoordigers van die koalisie van NRO’s, geskryf het, onderneem die mynhuis om die CER drie weke voordat enige mynbou begin, van sy voorneme in kennis te stel.

Catherine Horsfield, die CER se hoof van mynbou, sê in ’n verklaring die mynhuis se onderneming van drie weke “is baie belangrik” omdat die koalisie van NRO’s elke permit en reg wat AAV van die owerhede ontvang het, uitdaag.

“In die lig van die onherstelbare skade wat mynbou in die waterryke Mabola in Mpumalanga sal aanrig, sal die koalisie alle stappe doen – en selfs teruggaan hof toe – om mynbou in hierdie bewaringsgebied te keer,” sê Horsfield.

Die mynhuis onderneem om die CER drie weke voordat enige mynbou begin, van sy voorneme in kennis te stel.

AAV moes ingevolge mynbouwetgewing Woensdag met mynbou-aktiwiteite begin het, maar het na verneem word ’n versoek aan Mosebenzi Zwane, minister van minerale bronne, gerig om aan hom uitstel te gee.

AAV het nie op vrae hieroor gereageer nie.

Die CER het die hooggeregshof Dinsdag genader om ’n interdik te kry wat AAV keer om Woensdag in Mabola te begin steenkool myn, maar omdat AAV dié skriftelike onderneming gegee het, is die saak voorlopig van die rol verwyder.

AAV se senior visepresident, Praveer Tripathi, sê in ’n verklaring die mynhuis beskou die CER en die koalisie se regstappe teen AAV as ’n georkestreerde poging om die mynhuis se naam te beswadder.

Hy sê AAV het in die verlede vergeefs probeer om ’n vennootskap met die koalisie te sluit. “Ons nooi hulle weer uit om saam met ons te werk in belang van volhoubare ontwikkeling, groei en werkskepping.

Triphathi het voorts gesê die CER en sy vennote het gedink hulle het ’n goeie kans op sukses om AAV se voorgenome Yzermyn met ’n interdik te stop. “Hulle het tot hul eie verleentheid nie daarin geslaag nie.”

Die CER het gesê die koalisie is “geheel en al” verbind tot werkskepping, “maar ons weet ook hoe steenkoolmynbou die lewe van inwoners van die Mpumalanga-hoëveld verwoes het”.

Die hof het gelas elkeen van die partye moet hul eie regskoste betaal.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.