21 Augustus 04:36
Kaapstad Verander Area

Maandag

16°C / 13°C

Wind 28km/h

Reënval 8mm

Humiditeit 79%

Dinsdag

14°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 64%

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 24km/h

Reënval 4mm

Humiditeit 75%

Donderdag

14°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 60%

Vrydag

16°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 64%

Saterdag

17°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Omgewing
Ontsteltenis oor beoogde pad deur bewarea
Die Sewe Damme-bewarea, hier in ’n minder droë tyd afgeneem, waardeur die beplande verbindingspad gebou sal word.

Hoewel ontsteltenis heers oor planne om ’n verbindingspad in die noorde van Bloemfontein deur die gewilde Sewe Damme-bewarea te bou, is daar inwoners wat dié pad sal verwelkom.

Die Mangaung-metro beplan om ’n verbindingspad tussen Calliope-rylaan in Pentagonpark aan die oostekant en Nicolaistraat in Hillsboro aan die westekant te bou.

Veral lede van die Vriende van die Sewe Damme-bewarea is ontevrede hieroor, maar daar is ook inwoners aan die westekant van die Rosestad wat so ’n verbindingspad na Northridge Mall se kant verwelkom, sê prof. Fief van der Merwe, DA-raadslid.

Hy sê dit is egter ’n feit dat die pad gebou gaan word, maar dit kan nog jare duur.

“Daar sal ook eers ’n openbare-deelnameproses met die inwoners gevolg word. Saam met die inwoners sal sensitief beplan moet word waar die pad gaan loop.

“Estetiese, mooi gedeeltes van die bewarea sal so ver as moontlik behou word.”

Volgens hom is die planne nog in ’n baie vroeë stadium.

Johan Pretorius, nog ’n DA-raadslid, sê daar is baie probleme in Lilly Vale vanweë Bloemendalweg wat nie die verkeer kan hanteer nie.

Hy is van mening dat die Nicolaistraat-aansluiting nie daardie probleem gaan oplos nie, maar wil eers volgende week by metro-amptenare gaan kers opsteek.

Volgens dokumente van die munisipaliteit is die eerste studie oor die beoogde verbindingspad al in 1994 gedoen. Dit het in 2007 deel van die ruimtelike-ontwikkelingsraamwerk en geïntegreerde vervoerplan van die stad geword om die stad vir toekomstige uitbreidings gereed te maak.

Geen planne bestaan egter om binnekort met die finale beplanning en bouwerk voort te gaan nie.

Adv. Jo Hiemstra, voorsitter van die Vriende van Sewe Damme-bewarea, sê egter in ’n nuusbrief aan lede dat inligting ontvang is “dat die metro beplan om ’n pad deur die suidelike gedeeltes van die Sewe Damme-bewarea te bou.

“Die motivering is om dit die hoofdeurgangsroete van Kenneth Kaundaweg na Woodland Hills te maak, asook na ander eiendomsontwikkelings aan die westekant.”

Hy sê pad sal regdeur die suidelike kant van die Bewarea loop.

“Die rotsagtige koppie, wat ’n aantreklike baken van die gebied is, sowel as die vleiland wat nou naby die draaihek is, sal vernietig word.

“Dit sal ’n verwoestende effek op die rustige atmosfeer hê. Voëlgesang en veldgeluide sal deur besige verkeersgeraas vervang word.” Die bewarea sal aansienlik verklein word.

Die beplande pad sal ’n nadelige uitwerking op die waarde van eiendom aangrensend tot die bewarea hê, sê Hiemstra.

Hy vra hulp om dié pad-ontwikkeling teen te staan.

Johan Botha, ondervoorsitter van die Sewe Damme-bewarea, sê hy het briewe wat aan die beheerliggame van die omliggende meenthuis-komplekse gerig is, gaan uitdeel waarin vir hul ondersteuning ook gevra word.

  • Die saak sal ook Dinsdag 25 Oktober om 19:00 op die jaarvergadering van die Sewe Damme-bewarea in die saal van die Lutherse Kerk by Emily Hobhouse-plein bespreek word.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.