24 Maart 14:15
Kaapstad Verander Area

Vrydag

20°C / 16°C

Wind 44km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Saterdag

22°C / 14°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 46%

Sondag

22°C / 15°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Maandag

20°C / 17°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 67%

Dinsdag

21°C / 16°C

Wind 35km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Woensdag

24°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Omgewing
Regstryd kom oor myn in bewarea

Die Sentrum vir Omgewingsreg (CER) is gereed om tot in die konstitusionele hof te veg vir die behoud en bewaring van die Mabola- beskermde gebied in Wakkerstroom teen Atha Africa Ventures se voorgenome steenkoolmyn waaroor Edna Molwa, minister van omgewingsake, nou ook haar seën uitgespreek het.

Dit is die eerste keer in die geskiedenis dat ’n minister van omgewingsake goedkeuring gee vir ’n steenkoolmaatskappy om in ’n geproklameerde bewaarde gebied te myn.

Melissa Fourie, uitvoerende direkteur van die CER, het Donderdag gesê sy en haar span regsgeleerdes verteenwoordig agt bewaringsorganisasies wat teen Atha Africa se waterlisensie, mynreg en omgewingsgoedkeuring veg.

Volgens Fourie het dit op 31 Januarie onder die CER se aandag gekom dat Molewa omgewingsgoedkeuring vir Atha Africa se Yzermyn gegee het.

City Press het in Oktober verlede jaar berig pres. Jacob Zuma se twee neefs, Siswe Christopher Zuma en Vincent Gezinhliziyo Zuma, is trustees van die myngroep.

Fourie sê die CER is besig met verskeie appèlprosedures teen die myngroep.

Die feit dat Atha Africa nie met sy bedrywighede kan begin nie, hou nou ’n groot risiko in vir “honderdmiljoene dollars” wat in die projek belê is, skryf Tripathi aan Mokonyane.

Die CER het intussen met regstappe begin om die hooggeregshof te versoek om die mynreg, wat Ngoako Ramathlodi, voormalige minister van minerale bronne, aan Atha Africa toegestaan het, ter syde te stel.

Die CER het ook appèl aangeteken teen die waterlisensie wat Nomvula Mokonyane, minister van water en sanitasie, op 7 Julie verlede jaar aan Atha Africa uitgereik het. Hangende die uitslag van die appèl is al Atha Africa se beplande bedrywighede opgeskort.

Atha Africa het egter op 9 Januarie ’n petisie aan Mokonyane gerig waarin die mynhuis vra dat sy die CER se appèl ter syde stel.

Praveer Tripathi, senior visepresident van Atha Africa, skryf in die petisie die mynhuis het al die permitte wat hom toestemming gee om in Mabola te begin myn, maar die CER se appèl teen die waterlisensie lê hom aan bande. Die feit dat Atha Africa nie met sy bedrywighede kan begin nie, hou nou ’n groot risiko in vir “honderdmiljoene dollars” wat in die projek belê is, skryf Tripathi aan Mokonyane.

Tripathi beskuldig die CER in die brief daarvan dat dié nieregeringsorganisasie se optrede “verkeerd, bedrieglik en opsetlik gefabriseer is om verwarring te saai”.

Hy skryf voorts die CER het ’n geskiedenis dat hy die meeste van die mynbedrywighede in Mpumalanga teenstaan.

“Ons meen die CER is besig om opsetlik sensasie te saai en verkeerde inligting te versprei. Die ergste van alles is dat die CER besig is met ’n vertragingstegniek om Atha te keer om te begin myn.”

Fourie sê die CER is ook besig om appèl teen hierdie petisie aan te teken.

Volgens Fourie is die stryd teen Atha Africa vol regsuitdagings.

As Mokonyane Atha Africa sy sin gee, sal die CER ook die hooggeregshof nader.

“Ons het die mynhuis gevra om ’n onderneming te gee dat hy met geen mynbedrywighede sal begin voordat al hierdie regskwessies uitgestryk is nie.

“Die mynhuis het nie op ons versoek geantwoord nie.”

Sy gewaarsku as Atha Africa met enige bedrywighede in die gebied begin, sal die CER ’n aansoek om ’n interdik teen die mynhuis indien.

“Ons sal keer dat hierdie myn begin omdat dit ’n skrikwekkende presedent sal skep as kommersiële mynbou in ’n verklaarde beskermde gebied toegelaat word.”

Mabola is die bron van die Tugela-, Pongola- en Vaalrivier.

Anil Singh, hoof van die Blou Skerpioene in die departement van water en sanitasie, sê die minister behoort binne die volgende week ’n besluit te neem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.