28 April 04:28
Kaapstad Verander Area

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Saterdag

27°C / 18°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 36%

Sondag

20°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Maandag

19°C / 15°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 83%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Woensdag

23°C / 15°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Omgewing
Swartlandse fynbos bedreig deur sandmyne
Die uitsig oor Sadie Family Wines wat reg langs een van die toekomstige sandmyne is waarteen die Protect the Paardeberg Coalition appelleer.

Dit is nie net die wyn- en toerismebedryf wat sal ly as sandmynontwikkeling uitbrei in die Paardeberg-streek tussen Malmesbury en Paarl in die Wes-Kaap nie.

Die skaars fynbos van die Paardeberg-bewarea word ook bedreig.

Die wynbedryfliggaam VinPro het Vrydag sy kommer in ’n verklaring uitgespreek omdat twee permitte om sand langs bekroonde wynplase in die Swartland te myn verlede week goedgekeur is.

“Dit kan groot nadeel vir wyntoerisme en Suid-Afrika se reputasie as produsent van topgehalte wyne inhou,” lui die verklaring.

“Deeglike oorweging moet geskenk word aan die volle omvang van die skade wat hierdie ontwikkelings aan die wyn- en toerismebedrywe kan berokken, voordat grond verlore gaan en die wynbedryf en breër landbousektor verder benadeel word,” sê Siobhan Thompson van Wines of South Africa in die verklaring.

Verteenwoordigers van die twee maatskappye wat aansoek gedoen het om die sandmynpermitte het vroeër gesê dat die bousand in die Malmesbury-distrik uitloop en dat daar daarom “hordes” aansoeke gebring word om sandmyne op te rig in die Swartland.

Buiten die twee permitte wat vandeesweek goedgekeur is, is nog ’n aansoek ingedien om sand te myn op die plaas Vruchtbaarheid wat regs langs die Fynbos-natuurreservaat geleë is.

Hoe meer daar sand gemyn word, hoe meer sal die dreinering van die Paardeberg geraak word. Die watervlakke sal daal soos wat daar dieper gemyn word en dit kan beteken dat dit hoër op op die berg kan opdroog. Dit sal die hele watertafel raak.
Bridget Johnson

Volgens Bridget Johnson van die plaas Vondeling en die Paardeberg Volhoubaarheidsinisiatief is die Paardeberg se biodiversiteit van deurslaggewende belang wêreldwyd. “Ons het meer as 1 000 spesies fynbos, agt wat net in die Paardeberg gevind kan word en 35 bedreigde spesies,” sê sy.

Johnson sê die omgewingsimpakstudies wat as deel van die aansoeke ingedien is, het tekortkomings. “Die studies vir die twee aansoeke is hanteer as ’n gedeelde aansoek, dit was van die begin af die probleem,” sê sy. “Die feit dat die aansoekers betaal het vir die omgewingstudies is ook ’n probleem. Onafhanklike omgewingspraktisyne moet ekstern deur die regering aangestel word.

“Hoe meer daar sand gemyn word, hoe meer sal die dreinering van die Paardeberg geraak word. Die watervlakke sal daal soos wat daar dieper gemyn word en dit kan beteken dat dit hoër op op die berg kan opdroog. Dit sal die hele watertafel raak,” sê Johnson.

“Dit sal nie gebeur as daar net een of twee klein sandmyne is nie, maar hulle deel nou permitte links en regs uit, dis ’n wesenlike bekommernis en ’n mens sal dit eers oor 20 jaar sien,” sê sy.

Adv. Martin Coetzee, wat die Protect the Paardeberg Coalition verteenwoordig, sê dat sandmynontwikkeling in die Paardeberg tans geïsoleer en beperk is, maar dat die toekenning van nuwe mynpermitte ’n presedent kan skep wat noemenswaardige gevolge vir die volhoubare voortbestaan van die wyn- en wyntoerismebedrywe kan inhou.

Ses aansoeke vir sandmyne is tans by die Swartland- munisipaliteit vir oorweging, hoewel nie al ses vir die Paardeberg-distrik is nie.

Adi Badenhorst van die bekroonde Swartlandse wynplaas A.A. Badenhorst Family Wines sê dat boere wat uit finansiële nood wil laat sandmyn op hul plase word ’n gat in die kop gepraat deur sandmynmaatskappye.

“Uiteindelik gaan die boere niks geld kry nie en die plaas se waarde gaan daal. Jy sit dan met ’n gapende wond teen die berg en dis onaanvaarbaar. Die feit dat die boere in finansiële moeilikheid is, is nie ’n verskoning om sand te myn nie,” sê hy.

“ ’n Boer het my vertel hy het sand gemyn en hoewel dit hom uit die nood gekry het, kan daar nou op daai 19 hektaar van sy grond niks groei nie,” sê hy.

Madelaine Terblanche, direkteur van korporatiewe dienste by die Swartland-munisipaliteit, het by navraag gesê die proses is tans onderhewig aan ’n appèlproses.

“Ons sal in die loop van volgende week ’n algemene verklaring uitreik,” sê sy.

Diegene wat die munisipaliteit se besluit teenstaan, het 21 dae tyd van 10 Februarie af, toe die aansoeke goedgekeur is, om daarteen te appelleer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.