23 Junie 22:37
Kaapstad Verander Area

Saterdag

15°C / 10°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

16°C / 11°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Maandag

18°C / 10°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Dinsdag

17°C / 13°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 69%

Woensdag

15°C / 13°C

Wind 39km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 10°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Omgewing
Vreugde oor Lakenvlei van korte duur

Bewaringsorganisasies en grondeienaars van die Lakenvlei-gebied was Vrydag in ekstase omdat die waterryke gebied amptelike bewaarstatus gekry het – maar Maandag was hulle op die oorlogspad toe hulle sien stootskrapers is in een van die vleie doenig om voorbereidings te tref vir ’n myn.

Die mynboubedrywighede vind plaas in ’n ekologies sensitiewe gebied, in die opvangsgebied van die Olifants- en Komatirivier tussen Belfast en Dullstroom. Die bedrywighede word omring deur die Lakenvlei bewaarde gebied.

Andy Mills, voorsitter van die Lakenvlei-grondeienaarsvereniging, sê die grondeienaars het met regstappe teen William Patrick Bower (WPB) begin en gaan die hof nader om ’n interdik te kry teen sy mynbedrywighede. ’n Gedeelte van die plaas Groenvlei en ’n deel van Lakenvlei behoort aan Bower.

Volgens Mills tree Bower onwettig op omdat hy nie omgewingsgoedkeuring vir ’n myn ingevolge die Nasionale Omgewingsbestuurswet (Nema) gekry het nie.

Lakenvlei

Hy het ook nie sy plaas laat hersoneer van landbou- na mynbougrond nie. Die grondeienaars vermoed Bower wil steenkool op sy grond uithaal.

Mills sê die grondeienaars het ook met behulp van die Federasie vir ’n Volhoubare Omgewing (FSE) briewe aan die departement van minerale bronne gestuur en gevra hulle moet by die situasie ingryp.

Geen terugvoering is egter nog van die departement gekry nie.

Suzanne Powell, prokureur by die CER, wat namens die  Escarpment Environment Protection Group en BirdLife South Africa optree, het Maandag gesê dié sentrum het ook briewe aan die departemente van landbou en water en sanitasie gestuur.

WPB het glo in 2012 ’n mynreg gekry en in Desember 2015 ’n waterlisensie. Appèl is egter teen albei hierdie permitte aangeteken. Dit beteken die aktiwiteite waarvoor dit uitgereik is, word opgeskort.

Powell het gesê BirdlifeSA en die Escarpment Environment Protection Group, gaan Dinsdag hof toe om ’n bevel te kry teen die minister en die direkteur-generaal van die departement van minerale bronne om hulle te dwing om hul werk te doen en met die belanghebbendes te kommunikeer.

Die departement van minerale bronne het die afgelope vier jaar op geen briewe deur die grondeienaars of enige belanghebbendes gereageer nie.

Braam van den Berg, Bower se prokureur, het gesê hy het ’n brief van die CER ontvang en is bewus van die mense se beswaar teen Bower se “aktiwiteite”. Hy het gesê hy sal hopelik “binne die spertyd wat aan hom gestel is” daarop antwoord. Die CER dring aan op ’n antwoord teen Donderdag.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.