27 April 18:46
Kaapstad Verander Area

Vrydag

22°C / 15°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Saterdag

27°C / 18°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 36%

Sondag

18°C / 17°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 83%

Maandag

19°C / 16°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Woensdag

21°C / 14°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 46%

Omgewing
Wildtuin hoop dis laaste sien van Ex-Dineo
Van die grondpaaie in die noorde van die Krugerwildtuin is as voorsorgmaatreël gesluit voordat die Ex-Dineo-weerstelsel die gebied getref het. Van die paaie is Vrydagmiddag weer vir toeriste oopgestel.Foto: Sarel van der Wal
Swaar reënwolke hang Vrydagmiddag oor die pad tussen Punda Maria en Louis Trichardt in die Vhembe-distrik. Foto: Sarel van der Walt

Die Krugerwildtuin het Vrydagmiddag laat gehoop die ergste van Ex-Dineo, die laagdrukstelsel wat oor die park beweeg het, is verby.

Nog reën word Vrydagaand oor die Pafuri-gebied in die verre noorde verwag.

Die Levuvurivier in dié gebied was teen Vrydagmiddag 70% vol en nóg reën kan meebring dat sy walle kan oorspoel, waarsku die wildtuin se rampbeheersentrum wat op Shingwedzi gestasioneer is.

Nooddienste in sowel Limpopo as Mpumalanga is steeds op ’n gereedheidsgrondslag.

Vrydagmiddag het dit hard op Pretoriuskop en in Skukuza in die suide van die wildtuin gereën.

Die vorige aand het heelwat reën wat deur Ex-Dineo veroorsaak is, in die laeveld van Limpopo en Mpumalanga uitgesak.

Geen vloed- of windskade is aangemeld nie.

Minder reën as wat aanvanklik gevrees is, het uiteindelik in veral die noorde oor Pafuri en Punda Maria uitgesak. Dit is moontlik daaraan toe te skryf dat Ex-Dineo algaande verswak het.

Die humiditeit in die gebied bly hoog.

Aanvanklik is voorspel swaar neerslae sou deur die loop van Vrydag uitgesak het, maar dit was nie in die noorde die geval nie.

Donderbuie word vir Saterdag voorspel.

Volgens die rampbestuursentrum vloei die Sabierivier by Laer Sabie in die suide van die wildtuin sterk ná goeie reën die laaste paar dae in dié omgewing.

Die Nwaswitsontsorivier, suid van Orpen in die sentrale deel van die Krugerwildtuin, vloei ook “medium tot sterk”.

Die ander riviere in die wildtuin se vlakke is meestal laag, terwyl die Shingwedzirivier se vloei as “baie laag” beskou word.

Die meeste reën (80 mm) het by die Biyamiti-boskamp geval. Dié kamp is in die suidelike deel van die wildtuin naby die Malelane-hek.

Ander plekke wat goeie neerslae aangemeld het, is Laer Sabie (33 mm), Kingfisher (25 mm), Manyeleti (24 mm), Talamati (48 mm), Satara (40 mm), Orpen (40 mm), Nwanetsi (25 mm), Sirhene (15 mm), Vlakteplaas (15 mm), Bateleur (13 mm) en die Parfuri-grenspos in die noordoostelike hoek van die wildtuin (47 mm).

By die Punda Maria-hek is 30 mm reën gemeet.

Grondpaaie en kampe in die verre noorde is vroeër as voorsorgmaatreël gesluit. Van die paaie is later weer vir toeriste oopgestel.

Gaste wat in die Bateleur- en Sirheni-boskamp sou bly, is na veiliger kampe verskuif.

Die Olifants- en Nyalaland-wildernisstaproete is ook tydelik gesluit, terwyl de veldwagter op Satara, in die sentrale deel van die wildtuin, besluit het om die mense op die Sweni-staproete eerder na Satara te bring.

* Vroeër is berig die tropiese sikloon Dineo het Inhambane in Mosambiek teen middernag Dinsdag getref.

Dit het verwoesting in Mosambiek gesaai.

Toe Dineo teen Donderdagoggend oor die land begin beweeg het, het hy in ’n laagdrukstelsel verander. Sy naam is toe ook na Ex-Dineo verander.

*Agt dolfyne het weens die tropiese storm Dineo aan die Mosambiekse kus gevrek, berig News24.

Sowat 16 dolfyne het Donderdag in die vroeë oggendure by Inhassoro gestrand, waarna mense van die Cashew Lodge hulle probeer red het.

Sommige van die dolfyne het egter aanhou uitswem. Agt dolfyne, waarvan twee babadolfyne is, het gevrek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.