30 April 16:45
Kaapstad Verander Area

Maandag

19°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Woensdag

22°C / 15°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Donderdag

21°C / 16°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

18°C / 16°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Saterdag

17°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 81%

Onderwys
Uitgewers sterk gekant teen een handboek per vak
Ester van der Merwe, ’n leerder van die Hoërskool Swartland, pak haar handboeke uit. Die departement van onderwys wil voortaan een handboek per vak per graad voorskryf. Foto: EDREA DU TOIT

Die departement van onderwys se voorstel om onderwysers se keuse van handboeke tot net een per vak te beperk, kan uitgewers op hul knieë dwing.

“As dié voorstel goedgekeur word, sal dit die aantal uitgewers van handboeke tot net twee of drie verminder,” het Kate McCallum, voormalige direkteur van Oxford University Press en voorsitter van die Uitgewersvereniging van Suid-Afrika, gister gesê.

Die departement van onderwys het onlangs in die nasionale beleid oor die voorsiening en be­stuur van leer- en onderrig-ondersteuningsmateriaal ’n voorstel gemaak dat slegs een boek per vak per graad voorgeskryf moet word.

Onderwysers kan tans tussen ongeveer agt voorgeskrewe handboeke per vak per graad kies.

Die publiek kon tot 8 Oktober op dié voorstel kommentaar ­lewer, waarna onder meer die Uitgewersvereniging van SA, die Internasionale Uitgewersvereniging en die Suid-Afrikaanse Boekverkopersvereniging dit in ’n antwoord aan die minister, Angie Motshekga, afgekeur het.

“Ons kry egter die indruk dat die minister klaar die besluit geneem het en dat sy net kommentaar gevra het om regmerkies in al die boksies te kan maak. Sy het al in haar begrotingsrede die plan aangekondig en op ’n nuuskonferensie gesê daar is konsensus oor dié voorstel,” het McCallum gesê.

McCallum hoop om teen einde November ’n beswaarskrif aan die minister te oorhandig.

“Die departement voer aan dat hy geld sal spaar as hy net een handboek per vak per graad druk, maar ’n mededingende omgewing verseker goeie gehalte en dwing pryse af. Dié voorstel kan ’n monopolie veroorsaak en skep die risiko van korrupsie.”

Volgens Elijah Mhlanga, woordvoerder van die departement, is ’n taakspan besig om deur al die voorstelle van die publiek te werk.

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.