22 Augustus 09:17
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

14°C / 12°C

Wind 23km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 62%

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 18km/h

Reënval 2mm

Humiditeit 78%

Donderdag

15°C / 12°C

Wind 27km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 58%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 24km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 61%

Saterdag

18°C / 10°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Sondag

20°C / 12°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Onderwys
Bloem se gulheid oorweldig nuwe UV-rektor
Prof. Francis Petersen, die UV se nuwe rektor en visekanselier, spreek die mense op die geselligheid toe.Foto: Mlungisi Louw

Hy is skaars ’n maand hier en die Bloemfonteiners se omgee en vriendelikheid het prof. Francis Petersen, die nuwe rektor en visekanselier van die Universiteit van die Vrystaat (UV), “totaal oorweldig”.

Die UV se mediese fakulteit het hom Donderdagaand op ’n geselligheid op die Bloemfontein-kampus verwelkom en ook die fakulteit aan hom bekend gestel.

“Oral waar ek kom, word ek oorval deur goedhartige mense,” sê Petersen.

“Die mediese fakulteit lê my baie na aan die hart. Ek sal graag wil help om verder daaraan te bou sodat dit eendag as een van die top-fakulteite in die land, en ook wêreldwyd, gereken sal word.”

Die Universiteit van die Vrystaat (UV) se mediese fakulteit het die nuwe rektor en visekanselier, prof. Francis Petersen (tweede van regs), Donderdagaand verwelkom en die fakulteit aan hom en alumni bekend gestel. Van links by hom is prof. Magda Mulder (hoof van die verpleegkundeskool), prof. Willem Kruger (hoof van die mediese skool), prof. Gert van Zyl (dekaan van die mediese fakulteit), en dr. Santie van Vuuren, aanvullende gesondheidsberoepe. Foto: Mlungisi Louw

Petersen was die afgelope twee weke baie besig om die UV se verskillende rolspelers te ontmoet en sê hy sien uit na die uitdaging wat voorlê.

“Ek het verskillende fakulteite en departemente die afgelope paar dae besoek om die mense te ontmoet en met hulle gesprekke oor ons samewerking te voer.

“Ek het ook reeds die studenteraad ontmoet. Ons is besig om gesprekke te voer oor die deregistrasie van studente (weens studente wat nie hul volle klasgelde kan betaal nie). Die studenteraadsvoorsitter (Sikhululekile Luwaca) kom praat weekliks met my sodat ons brandende kwessies by die studente kan bespreek en so gou as moontlik probeer uitklaar.”

“Bloemfontein is sover baie lekker en die mense is baie vriendelik. Ek moet net gewoond raak aan die hoeveelheid vleis wat die mense hier eet, want almal verwelkom my daarmee.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.