23 Augustus 14:00
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 12°C

Wind 19km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 12°C

Wind 28km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 60%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 63%

Saterdag

16°C / 11°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 33km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Maandag

20°C / 9°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 51%

Onderwys
Godsdiens in skole: Organisasie sê dis deel van menseregte

Nóg ’n groep wil toetree tot die hofgeveg oor godsdiens in skole – en dié organisasie meen hulle het die goue middeweg gevind.

Cause for Justice (CFJ), ’n menseregteorganisasie, sê hulle kan die hof help om tot ’n gepaste bevinding te kom. Hulle doen daarom aansoek om as ’n vriend van die hof toegelaat te word.

Die Organisasie vir Godsdiensonderrig en Demokrasie (Ogod) durf ses skole in dié toetssaak aan omdat hulle glo ’n Christelike karakter en etos bo ander gelowe bevorder.

Ogod meen dit is ongrondwetlik omdat onderwysers alle godsdienstige beskouings, selfs satanisme, met dieselfde respek behoort te behandel.

Die ses skole, bygestaan deur die beheerliggaam-organisasie Fedsas, sê weer hul skoolgemeenskappe is oorwegend Christelik en dít moet gerespekteer word.

Rapport het vroeër berig die departement van basiese onderwys sê weer sy beleid oor godsdiens verbied reeds gevalle waar ’n skool homself as byvoorbeeld ’n “Christelike skool” kan identifiseer terwyl ander gelowe uitgesluit word.

CFJ se standpunt is dat die staat nie dié sekularisme op skole kan afdwing nie omdat dit self ’n ideologiese denkwyse is.

Norris Craig Snyders, ’n lid van die uitvoerende komitee van CFJ, sê die Grondwet maak voorsiening vir godsdiensonderrig en die uitleef van godsdienstige praktyke.

Dis ’n integrale deel van die reg tot menswaardigheid, sê
CFJ.

Leerlinge word geleer om verdraagsaam te wees teenoor diversiteit en word blootgestel aan ander landsburgers wat nie dieselfde godsdiensoortuigings as hulle het nie as godsdiens in skole toegelaat word.

Snyders sê in sy hofstukke van die hooggeregshof in Johannesburg rassediskriminasie loop parallel met die diskriminasie teen geloof.

Anders as byvoorbeeld die VSA is daar nie ’n streng skeiding tussen geloof en die staat in Suid-Afrika nie, argumenteer Snyders.

Hy sê ons howe het al in verskeie uitsprake geloof in ’n positiewe lig bevorder en beklemtoon dat daar billike voorsiening moet wees vir godsdienstige praktyke.

Volgens Snyders het die regering nie die hulpbronne om die onderskeie godsdienste te bevorder nie en die publiek het dus ’n plig om godsdiensregte te bevorder.

“Die hof sal moet beslis of die feit dat die staat ’n skool finansier, beteken dat die staat meer beheer het oor ’n skool. Kan die staat ’n ideologiese sienswyse soos liberalisme of Christenskap op ’n skool afdwing?” wil ­Snyders weet.

Die hof moet CFJ se aansoek nog oorweeg.

scarstens@rapport.co.za

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.