25 Maart 21:36
Kaapstad Verander Area

Sondag

21°C / 14°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Maandag

20°C / 15°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 34km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Woensdag

22°C / 15°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Donderdag

23°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Vrydag

20°C / 14°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Onderwys
Groot gros leerlinge verstaan nie wat hulle lees
Prof. Servaas van der Berg, onderwysekonoom aan die Universiteit Stellenbosch (US). Foto: Deon Raath

Teen die tyd dat hulle in gr. 4 kom, kan tot 60% van leerlinge nie met begrip lees nie.

Dit is een van die bevindings in ’n nuwe verslag oor die redes waarom leerlinge in die grondslagfase swak presteer.

Altesame 41% landwyd lees so stadig wanneer hulle hardop lees, dat hulle nie verstaan wat hulle lees nie.

Die verslag is deur senior ekonome en onderwyskenners by die Universiteit Stellenbosch (US) se navorsingseenheid oor sosiaal-ekonomiese beleid (Resep) saamgestel met die samewerking van die departement van basiese onderwys.

Daar is gevind in die Wes-Kaap kan ’n derde van leerlinge nie met begrip lees nie, in Gauteng 44% en in Limpopo 83%.

“Dit moet genoem word dat die hele kurrikulum vir 90% van die leerlinge in gr. 4 in Engels aangebied word. As dié leerlinge nie Engels met begrip kan lees nie, kan hulle nie betekenisvol met die kurrikulum omgaan nie en word hulle die res van hul skoolloopbaan ‘stilweg uitgesluit’,” lui die verslag.

“Dit lei tot ’n siklus van verwarring, swak prestasie, ’n gebrek aan motivering en frustrasie vir onderwysers, ensovoorts.”

Dit lei tot ’n siklus van verwarring, swak prestasie, ’n gebrek aan motivering en frustrasie vir onderwysers, ensovoorts.

Volgens prof. Servaas van der Berg, onderwysekonoom aan die hoof van die projek, kan 41% van leerlinge op die platteland wat in Engels skoolgaan teen ’n spoed van minder as 40 woorde per minuut lees.

“Dit beteken teen die tyd dat hulle aan die einde van die sin kom, kan hulle nie meer onthou waaroor dit gaan nie. So, hoewel hulle nie heeltemal ongeletterd is in die sin dat hulle nie ’n enkele woord kan lees nie, kan hulle nie met begrip lees nie,” sê hy.

“Die gevolg is dat hulle ook nie in ander vakke kan presteer nie.”

Van die redes hiervoor is dat daar baie min geleenthede in die klas geskep word waar leerlinge betekenisvol met die leeswerk kan omgaan. Leerlinge lees hardop in groepe saam en kry min individuele terugvoering van onderwysers. Gevolglik kan hulle dikwels meganies tekste ontsyfer, maar nie met begrip lees nie.

“Daar is nie ’n maklike oplossing vir die probleem nie, maar bewusmaking onder onderwysers en ouers moet geskep word,” sê Van der Berg.

“Met al die fokus wat op matriekuitslae geplaas word, is daar niks in die laerskool om leerlinge se sukses te meet nie. Daarom sê ons maak die mikpunt vir laerskole dat alle leerlinge in die grondslagfase met begrip leer lees.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.