27 Julie 00:40
Kaapstad Verander Area

Donderdag

17°C / 8°C

Wind 15km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 55%

Vrydag

20°C / 13°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Saterdag

18°C / 13°C

Wind 23km/h

Reënval 1mm

Humiditeit 64%

Sondag

20°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Maandag

21°C / 13°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Dinsdag

16°C / 14°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Onderwys
Nuwe UV-rektor se 1ste dag bittersoet
Prof. Francis Petersen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat (UV), in sy kantoor gister (Maandag) op sy eerste dag in die pos. Foto: Mlungisi Louw

Dít was ’n bittersoet eerste dag vir prof. Francis Petersen (51) toe hy amptelik Maandag sy pligte as nuwe rektor van die Universiteit van die Vrystaat (UV) begin het.

Hy was opgewonde om Maandagoggend sy eerste tree op die Kovsiekampus te gee, maar moes ook later die dag sy medelye betoon teenoor Michael en Joanne Kroon, ouers van Sean Kroon, ’n eerstejaar-BSc-student, wat Saterdag in ’n huisrooftog in Universitas, Bloemfontein, doodgeskiet is.

Hy sê die ouers is deel van die groter studentefamilie en daarom was dit nodig om hulle te ontmoet en in hul hartseer en leed te deel.

“Dit was ’n bitter geleentheid, maar dit is ook ’n geleentheid om te kyk wat ons meer, beter en anders kan doen om die veiligheid van studente wat op en af van die kampus te verseker.”

Hy sê hulle het reeds begin en gaan ook oor die volgende paar weke kyk wat hulle kan doen en watter programme en aksies hulle in plek kan stel om die veiligheid van studente te verseker.

Prof. Francis Petersen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat (UV), voor die hoofgebou op die Kovsie-kampus. Foto: Mlungis Louw

En hoewel hy tussen al die vergaderings deur op sy eerste dag probeer om sy voete te vind, het hy reeds groot planne vir die universiteit, studente en ander belanghebbendes.

Vir hom is dit belangrik om nie net die universiteit as ’n akademiese instansie te beskou nie, maar as ’n instansie waarby almal betrokke is, hetsy akademici of ondersteuningspersoneel, asook studente, waar almal welkom voel.

“Almal moet voel dit is ’n kampus wat aan my behoort. Ek wil graag die gevoel van eienaarskap ontwikkel.”

Hy sê dit sal gebeur deur die waarde van diversiteit te benut en dit fisiek te ontsluit sodat hulle die aspekte van respek, inklusiwiteit en wat die universiteit veronderstel is om te doen tot die beste van hul vermoë kan uitbrei.

Petersen sê studente is ’n belangrike deel van universiteit wees en dit is belangrik dat hulle ’n baie sterk studentgesentreerde universiteit is.

“Om dit te vermag moet ’n mens verstaan wat die belange van die studente is, wat dit is wat hulle graag wil sien. Die enigste manier om dit te vermag is om met die studente te gesels en uit te vind wat is die dinge wat vir hulle belangrik is en wat hulle pla.

“Ons wil en ons gaan graag met julle gesels. Ons wil weet wat is dinge wat julle pla, dinge waarvan julle hou en wil ons gesprekskanale oophou.

“Dit is ook belangrik om oor te dra – nie op ’n uitdagende manier en glad nie as dreigement nie – dat daar sekere grense is wat studente nie moet oorskry nie. Ons wil graag hê hulle moet verstaan wat dié grense is en dit respekteer.”

Petersen sê hy is oorweldig deur die manier waarop die universiteitsgemeenskap hom ontvang het.

“Hulle is vriendelike, gawe mense wat my op my gemak en welkom laat voel.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.