30 April 16:41
Kaapstad Verander Area

Maandag

19°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Woensdag

22°C / 15°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Donderdag

21°C / 16°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

18°C / 16°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Saterdag

17°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 81%

Onderwys
Onderrig is die sterkste wapen, sê Radebe
Jeff Radebe, minister in die presidensie, en die skoolhoof van die Tembaletu-skool, Nomhle Gavu, word deur leerlinge begroet. Foto: Lulama Zenzile

Jeff Radebe, minister in die presidensie, het die Tembaletu-skool vir kinders met gestremdhede in Gugulethu Vrydag besoek.

Die skool het meer as 180 leerlinge.

Radebe het saam met lede van die diensleweringmoniteringspan en die skoolhoof, Nomhle Gavu, deur die skool gestap. Daarna het hy die leerlinge en personeel in die skoolsaal toegespreek.

“Ons besoek gereeld skole, klinieke en polisiekantore om seker te maak dat gemeenskappe toegang tot basiese dienslewering het. Dit het ook onder my aandag gekom dat die skool sukkel met hulpbronne. Ons kan nie toelaat dat die leerlinge hieroor van hul reg op onderrig ontneem word nie.”

Volgens hom het die regering ’n verpligting om seker te maak dat die leerlinge alles het wat hulle by die skool benodig.

“Ons amptenare sal opvolg en seker maak dat die kwessies wat vandag uitgelig is, wel na omgesien word.”

Van die kwessies is die uitdaging met leerlinge se vervoer wat blykbaar onveilig is omdat die voertuig nie gereeld versien word nie.

Die skool bied ook verskeie buitemuurse aktiwiteite aan wat rolstoelbasketbal en atletiek insluit. Die skool het egter ’n tekort aan finansiering en geriewe hiervoor.

“Ek word vertel dat sedert die skool in 1974 sy deure oopgemaak het, is geld ingesamel vir rolstoele en opgraderings by die skool. Dinge het eers in 1996 vir die skool verander.”

Radebe het ook die leerlinge aangemoedig om te leer. “Julle leer al sedert geboorte. Hier gaan julle leer om jul kennis te verbreed. Deur onderrig kan jy enigiets word. Onderrig is die sterkste wapen om die wêreld te verander. Gebruik die wapen om jouself op te bou,” het Radebe gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.