30 April 18:39
Kaapstad Verander Area

Maandag

19°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Woensdag

22°C / 15°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Donderdag

21°C / 16°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

18°C / 16°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Saterdag

17°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 81%

Onderwys
Ouers in Gauteng moet spring vir 2018-skooljaar

Ouers in Gauteng moet hulle nou al gereed maak vir volgende jaar se skoolaansoeke nadat daar in Januarie vanjaar 19 536 laat aansoeke was.

Aansoeke vir die 2018-skooljaar open op 2 Mei en sluit op 12 Junie.

Die toelatingstydperk is van 2 Mei tot 20 Oktober.

Teen 20 Oktober moet alle leerlinge geplaas wees vir die 2018-skooljaar
Gautengse onderwysdepartement
Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys Foto: Aubrey Kgakatsi

“Teen 20 Oktober moet alle leerlinge geplaas wees vir die 2018-skooljaar,” lui ’n kennisgewing van die Gautengse onderwysdepartement.

Luidens die kennisgewing moet ouers hul kinders aanlyn registreer by die skool, distrikskantore, onderwysersentrums of ander geïdentifiseerde plekke wat die departement sal aanwys.

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, sal Dinsdag ’n amptelike aankondiging doen en ’n demonstrasie aanbied oor hoe die aanlyn toelatingstelsel werk nadat baie ouers verlede jaar daaroor gekla het.

Lesufi het vroeër gesê ouers moet ook, sodra hul kind plek in ’n skool kry, die skool dadelik laat weet of hulle die aanbod aanvaar of nie.

Volgens hom het ouers verlede jaar oor die aanlyn registrasie van gr. 1- en gr. 8-leerlinge gekla en daarom nie plekke aanvaar wat vir hulle aangebied is nie.

“Die stelsel het gewerk en is voldoende. Dit gaan uitgebrei en verder gemoderniseer word. Die aanlyn registrasie kan egter nie as verskoning gebruik word nie. Aanvaar die aanbod en registreer jou kind.”

Die departement se rede vir die vertraging van plasings vanjaar is weens die “oorweldigende aanvraag by skole wat vol is”.

Oupa Bodibe, departementele woordvoerder, het aan die begin van die jaar gesê ouers moet betyds aansoek doen en by die sperdatums hou.

“Dit sal help om laat plasings, soos vanjaar, te voorkom. Laat aansoeke belemmer die beplanning en toekenning van hulpbronne aan skole,” het Bodibe gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.