29 Mei 22:59
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

22°C / 14°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 47%

Woensdag

19°C / 14°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Donderdag

19°C / 13°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 50%

Saterdag

20°C / 16°C

Wind 36km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 69%

Sondag

16°C / 14°C

Wind 13km/h

Reënval 2mm

Humiditeit 65%

Onderwys
Ouers in WK moenie sloer met aansoeke
Maak seker dat jy jou kind betyds by ’n skool inskryf. Foto: Carina Roux

As jou kind volgende jaar vir die eerste keer ’n skool in die Wes-Kaap bywoon, moet jy nou spring om aansoek te doen.

Die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) raai ouers aan om hul kinders teen 24 Maart by ’n skool in te skryf.

Dit geld veral leerlinge wat in 2018 in gr. 1 en gr. 6 by ’n nuwe skool moet begin.

Dit geld ook leerlinge in ander grade wat na die Wes-Kaap verhuis, of enigeen wat by ’n nuwe skool moet begin, sê Jessica Shelver, woordvoerder van die WKOD.

Die WKOD het ’n vroeë spertyd vir aansoeke daargestel weens die toename in die vraag na plek in skole in die provinsie.

“Dit sal ons in staat stel om beter voorsorg vir die volgende jaar te tref,” sê sy.

Skole het reeds op 30 Januarie begin om aansoeke vir volgende jaar te aanvaar.

“Die skool moet ouers skriftelik in kennis stel of hul kinders plek gekry het of nie. Ouers moet teen die einde van Junie aanvaarding bevestig.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.