23 Augustus 14:01
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 12°C

Wind 19km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 12°C

Wind 28km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 60%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 63%

Saterdag

16°C / 11°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 33km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Maandag

20°C / 9°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 51%

Onderwys
Polisie wou nie saak open ná aanranding van skoolmeisie

’n Enkelpa van Durban sê hy het hom teen “niksdoen”-polisiebeamptes vasgeloop toe hy ’n aanranding op sy tienerdogter wou aanmeld.

'n Skermgreep van die video waar die meisie deur 'n seun op die Siyathuthuka Secondary School se terrein geskop en geslaan word.

’n Video van die aanrandingsvoorval wat in November verlede jaar by die Siyathuthuka Secondary School in Inanda, noord van Durban, plaasgevind het, het opslae gemaak.

Die pa, wat nie sy of sy dogter se naam bekend wil maak nie, sê sy een dogter (een van ’n tweeling) en ander gr. 10-leerlinge het ’n simpel grappie gemaak oor ’n ouer leerling se voorkoms.

“Sy het glo aan die seun, wat ook 17 was, gevra of hy so maer is omdat hy vigs het. Hy het haar toe deur die gesig geklap,” sê die pa.

Toe haar tweelingsussie die seun hieroor gaan konfronteer, het hy dié sussie te lyf gegaan.

“Dit is toe hy haar aangerand het. Hy het haar so geskop en geslaan dat sy begin bloei het.”

‘Aanmoediging’ breek sy hart

Die tweeling se pa sê dit het sy hart gebreek om op die video te hoor hoe die ander seuns die oortreder aanmoedig om sy dogter te slaan. Hy sê hy weet wie hulle is en het met een van hul ouers hieroor gepraat.

Hy het hulle gevra om met hul seun te gesels, maar dit het nie gebeur nie en dit het die verhouding met die ouers versuur.

“Op dieselfde dag het ’n buurvrou die voorval by die skool gaan aanmeld. Sy het saam met my dogter gegaan. Ek is na die seun wat haar geslaan het se huis toe. Ek was woedend,” sê hy.

Hy het hom gekonfronteer en wou hom na die polisiekantoor neem, maar die seun het weggehardloop.

Die pa het voortgegaan om ’n saak aanhangig te maak, “maar die polisie het vir my gesê wat help dit om die oortreder toe te sluit as hy weer gaan vry loop? Ons het bewyse gehad. Selfs haar bebloede klere en die video. Maar ’n saak is nie geopen nie,” sê hy.

Polisie stel nou ondersoek in

Lt.kol. Thulani Zwane, KwaZulu-Natalse polisiewoordvoerder, sê die stasiebevelvoerder is gevra om dié bewerings teen die polisie te ondersoek.

“Indien enige beampte aanspreeklik is vir die versuim om sy of haar pligte uit te voer, sal dissiplinêre stappe teen so ’n beampte ingestel word”.

Zwane sê die polisie was nie van die video bewus nie, maar ’n opdrag is aan die stasiebevelvoerder gegee om ’n opvolgonderhoud met die slagoffer te doen. Hy sê ’n saak sal vir verdere ondersoek aanhangig gemaak word sodra die polisie haar verklaring afgeneem het.

‘Siek van woede’

Die seun het glo sy vriende gestuur om namens hom jammer aan die pa te sê.

“Ek was siek van woede. Maar moes myself behoorlik inhou, want anders sou ek die seun aanrand en sélf in die tronk beland.”

Toe hy sy dogter hospitaal toe vir toetse wou neem het, het sy gesê sy is oukei.

Omdat die eksamens reeds aan die gang was, het hy haar toegelaat om by die skool aan te bly.

“Aan die begin van vanjaar het ek haar na ’n ander skool in die gebied geskuif. Haar sussie het by die ou skool agtergebly. Ek wil hê hulle moet leer om van mekaar onafhanklik te wees en dit is hoekom ek hulle geskei het. Hulle baklei elke keer vir mekaar. Hulle moet leer om hul eie gevegte te veg,” sê hy.

Volgens hom is die grootse uitdaging vir sy dogter wat aangerand is dat almal van die video weet en dit is hoe sy by die nuwe skool uitgeken is. Hy sê almal weet daarvan en praat daaroor.

“Wat seer maak, is dat sy hieroor gedreig word. As sy nee sê vir seuns wat haar uitvra, sê hulle hulle gaan dit wat die ander seun gedoen het, weer aan haar doen,” sê hy.

Hy sê geregtigheid gaan nou geskied omdat geen saak oud word nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.