26 Junie 10:45
Kaapstad Verander Area

Maandag

18°C / 10°C

Wind 8km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Dinsdag

15°C / 12°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Woensdag

14°C / 10°C

Wind 12km/h

Reënval 11mm

Humiditeit 61%

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Vrydag

15°C / 12°C

Wind 16km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 84%

Saterdag

16°C / 10°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 76%

Onderwys
Praat oor gratis onderwys is verby – EFFSC

Die EFF-studenteleiers wat Saterdag die nasionale onderwyskrisisforum in Midrand onderbreek het, sê die tyd vir gesels oor gratis hoër onderwys is verby.

Die EFF Student Command (EFFSC) het Maandag op ’n mediakonferensie in Johannesburg gesê daar is al meer as genoeg gepraat.

Die nasionale kongres oor hoër onderwys is onbepaald uitgestel nadat die samesprekings ontwrig is en dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding, van die verhoog gejaag is.

“Die tyd vir praat het vir Blade tot ’n einde gekom,” het Naledi Chirwa, woordvoerder van die EFFSC, gesê.

“Daar was al oor en oor gesprekke . . . Ons kon nie dat dit langer so voortgaan nie. Die man (Nzimande) was veronderstel om gratis (hoër) onderwys al in 2013 in te faseer,” het Chirwa gesê.

Sy het verder gesê die EFFSC wou nie die AfriForum-Jeug toelaat om op die forum te praat nie omdat hulle swart studente gedurende betogings by die Universiteit van Pretoria “treiter”.

Rapport het Sondag berig dat vooraf ooreengekom is dat verskeie studenteleiers aan die begin van die program ’n beurt sou kry om te praat. ’n Verteenwoordiger van AfriForum-Jeug is egter met uitroepe van “een setlaar, een koeël” begroet toe hy na verhoog stap. Verskeie studente het geskree dat AfriForum nie ’n spreekbeurt moet kry nie.

Die onderwyskrisisforum is onder voorsitterskap van regter Dikgang Moseneke, voormalige adjunkhoofregter, en nege ander sameroepers.

Oor wat die planne voortaan is en of ’n derde jaar van betogings oor klasgelde gaan volg, het Chirwa gesê dat daar reeds betogings by die Universiteit van Mpumalanga in Mbombela aan die gang is.

Op die vraag of universiteite soos die vorige twee jaar tot stilstand gedwing gaan word, het een van die leiers op die paneel gesê “miskien”, terwyl ’n ander leier “ja” gesê het.

Die EFFSC het by monde van sy sekretaris-generaal, Phiwaba Madokwe, gesê dat die EFFSC 2017 as die jaar van gratis onderwys verklaar het en dat dit bereik kan word.

Hulle weier egter om saam met die Progressive Youth Alliance (PYA), wat aan die ANC verbonde is, te werk omdat hulle meen dat dié sy opdragte van Luthuli-huis, die ANC-hoofkantoor, ontvang.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.