26 April 13:44
Kaapstad Verander Area

Woensdag

20°C / 16°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Donderdag

20°C / 15°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 76%

Vrydag

22°C / 15°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 66%

Saterdag

27°C / 17°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 41%

Sondag

20°C / 17°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Maandag

19°C / 15°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 83%

Onderwys
Puk-rektor maak stem dik oor kampus-ontwrigting
Die hoofgebou van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus.

Die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus het gister sterk standpunt ingeneem teen “klein minderheidsgroepe wat die harmonie op die kampus versteur”.

Prof. Fika Janse van Rensburg, waarnemende rektor, skryf in ’n ope brief daaroor die universiteit kan ingevol­-
ge sy beleid slegs gesprekke voer met formele en geakkrediteerde studente- en arbeidsorganisasies.

“Ons reputasie mag nie deur leuens en halwe waarhede skade aangedoen word om ’n eie agenda te bevorder nie.”

Janse van Rensburg sê dit staan ReformPuk, ’n organisasie vir swart studente, vry om met studentestrukture te affilieer, maar hy doen dit nie. Dié organisasie het die laaste tyd by verskeie geleenthede die kampus probeer ontwrig.

ReformPuk eis dat tolkdienste afgeskaf word en Engels die voertaal moet wees.

Tugstappe is teen van die ReformPuk-ondersteuners ingestel omdat hulle sowat drie weke gelede deelgeneem het aan ’n onwettige betoging op kampus oor die uitkontraktering van werkers.

Janse van Rensburg skryf in sy ope brief ontwrigting en uitsprake van rassehaat soos deur ReformPuk sal nie geduld word nie. “Ons sal gesonde akademiese debat aanmoedig.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.