18 Augustus 14:33
Kaapstad Verander Area

Vrydag

17°C / 8°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Saterdag

19°C / 10°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Sondag

18°C / 11°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Maandag

15°C / 12°C

Wind 33km/h

Reënval 8mm

Humiditeit 81%

Dinsdag

12°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 19mm

Humiditeit 69%

Woensdag

14°C / 10°C

Wind 25km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 76%

Onderwys
Puk verloor eie studenteraad
Die hoofgebou op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU). Foto: Argief

Die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus sal nie meer ’n rektor en sy eie studenteraad hê nie.

Daar sal voortaan ’n adjunkvisekanselier wees wat aan die visekanselier rapporteer en ’n studentekampusraad wat aan die NWU se studenteraad sal rapporteer.

Die NWU se studenteraad sal uit 15 lede saamgestel word wat op enige van die drie kampusse (Mafikeng, Vaaldriehoek en Potchefstroom) studeer.

Dit volg op die aanvaarding van die NWU se nuwe statuut wat in Maart deur dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding, onderteken is.

Die pos van rektor bestaan nie in die nuwe statuut nie, maar daar word voorsiening vir adjunkvisekanseliers gemaak.

“Die visekanselier kan spesifieke administratiewe, toesighoudende en bestuurstake aan die adjunkvisekanselier(s) toevertrou, wat die bedryfstoesig van ’n kampus kan insluit,” lui die statuut.

Die raad sal die tydsduur van die adjunkvisekanseliers se termyn bepaal in oorleg met die aangestelde kandidaat.

“Die termyn mag nie korter as drie jaar wees nie en nie langer as sewe jaar nie.”

Prof. Johannes Froneman, woordvoerder van prof. Dan Kgwadi, visekanselier van die NWU, sê van die aspekte van die nuwe studenteraadstrukture is al in werking en goed op dreef.

Die NWU ondersoek ook nou hoe hy sy korporatiewe identiteit (die huidige blou, groen en maroen vir afsonderlike kampusse) vorentoe gaan aanpas om ’n “nuwe realiteit te weerspieël”.

Dié nuwe realiteit is dat die NWU met sy drie kampusse nou een is en die Potchefstroomkampus nie meer ’n Afrikaanse kampus is waar anderstalige studente net “geduld” word nie, het Froneman vroeër gesê.

“Die logiese gevolge van die statuut is om ’n eenheid te wees en nie drie afsonderlike kampusse nie.”

Op die vraag of die naam Puk gaan wegval, het hy gesê: “Die vraag het nog nie opgeduik in forums nie. Ons gaan die logiese gevolg van die nuwe statuut in oënskou moet neem en nuwe antwoorde verskaf.”

Die moontlikheid is al geopper dat sportspanne as die NWU gaan deelneem.

Volgens hom moet egter nog gesprekke gevoer word oor die gebruik van die naam Puk.

Lees hier (http://www.netwerk24.com/Nuus/Onderwys/nuwe-nwu-statuut-dalk-einde-van-die-naam-pukke-20170330) meer oor die nuwe statuut.

* Louis Jacobs, woordvoerder van die universiteit, sal volgende week meer lig werp op die praktiese gevolge van die nuwe studenteraadstrukture.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.