Stel ons op die proef, vir nuus wat jy kan vertrou. Registreer vir 30 dae gratis
Politiek
185 klagte, maar senior amptenaar bly in sy pos

Adv. Hishaam Mohamed, die Wes-Kaapse hoof van die departement van justisie, moet uit sy pos verwyder word, het AfriForum in ’n skrywe aan adv. Michael Masutha, minister van justisie, gevra.

Mohamed is in Desember 2016 geskors nadat 185 klagte teen hom ingedien is. Die klagte hou glo verband met onder meer nepotisme, teistering, insluitend seksuele teistering, manipulasie, inmenging, dwarsboming van ondersoeke na onregmatige bedrywighede en onbehoorlike beïnvloeding.

AfriForum sê fluitjieblasers het sy hulp gevra nadat Mohamed op 15 Mei vanjaar teruggekeer het werk toe.

Adv. Hishaam Mohamed Foto: Eugene Gunning

Sy terugkeer kom glo nadat adv. Vusi Madonsela, direkteur-generaal van die departement van justisie, beslis het dat die 185 klagte wat teen Mohamed aanhangig gemaak is, departementeel gehanteer moet word.

Thomas van Dalen, AfriForum se Wes-Kaapse koördineerder, sê dit lyk asof Mohamed immuun is teen vervolging weens sy politieke bande met hooggeplaaste amptenare in die ANC. Hy is glo die swaer van Ebrahim Rasool, voormalige premier van die Wes-Kaap.

Van Dalen sê Mohamed voer ’n skrikbewind in die Wes-Kaapse departement van justisie en dat senior landdroste summier uit hul poste verwyder word om met junior, onervare landdroste vervang te word.

Klagte wat via die presidensiële klagtelyn teen Mohamed aanhangig gemaak is, is glo na Mohamed self verwys om ondersoek te word.

“AfriForum glo aan die onafhanklikheid van die regbank, waarin die departement van justisie ’n leidende rol het om te speel, en amptenare wat hulself skuldig maak aan boewery, intimidasie en manipulasie, moet aan die kaak gestel word.”

Die departement van justisie het vroeër aan Jana Breytenbach gesê Mohamed was om mediese redes afwesig.

Mohamed het Dinsdag gesê hy is geskok oor die beweringe teen hom. Hy het alle navrae na die departement van justisie verwys. Adv. Mthunzi Mhaga, woordvoerder vir die departement van justisie, het nie op navrae gereageer nie.

Meer oor:  Afriforum  |  Wes-Kaap  |  Bly  |  Amptenaar  |  Klagte  |  Pos
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.