23 Julie 00:35
Kaapstad Verander Area

Sondag

17°C / 11°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Maandag

17°C / 8°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Dinsdag

14°C / 12°C

Wind 40km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 63%

Woensdag

13°C / 9°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Donderdag

17°C / 8°C

Wind 13km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 56%

Vrydag

17°C / 13°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 51%

Politiek
Tradisionele leiers ‘is verhewe bo politieke gesag’ ­
Gugile Nkwinti by die vergadering: Foto: Edrea du Toit

Tradisionele leiers is die “morele gesag” en dit is verhewe bo die politieke gesag, het Gugile Nkwinti, minister van grondhervorming en landelike ontwikkeling, Donderdag aan tradisionele leiers gesê.

“Selfs wanneer die president ’n probleem het, behoort hy die koningshuis te raadpleeg,” het hy gesê.

“Dit kan nie verskoon word dat omdat ons ’n Grondwetlike demokrasie het, ons nou alles oor ons (tradisionele gemeenskappe) moet uitgooi nie.”

Nkwinti het ook te velde getrek teen “neo-liberale – “dieselfde mense wat gekom het om ons grond te vat” en die soveelste aanval deur ’n ANC-leier die afgelope tyd op die regbank geloods.

“Dit is dieselfde mense wat hier aangekom het om teen ons te veg. Vandag gebruik hulle die howe. Geld is die kanonne wat hulle gebruik. Hulle koop jul onderdane,” het Nkwinti gesê.

“Dit is júl onderdane. Waar’s julle? Ons is in die hof want sommige Afrikane dink ons gaan grond gee aan tradisionele leiers.”

Nkwinti het gesê “Afrikane” besit nog nie Suid-Afrika nie.

“Dit word steeds besit deur wit mense wat dit deur oorlog afgevat het.”

Lees ook:

■ Tradisionele leiers se bestellings: Mercs, skottelgoedwassers, wasmasjiene

■ ​‘Zuma praat uit 2 monde oor grond’

■ ​Tradisionele leiers in Limpopo kry eersdaags karre en medies by ANC

Hy het beweer hy laat “ons tradisionele, kulturele lewenswyse met die moderniteit in ons Grondwet” saamsmelt.

Nkwinti het die Nasionale Huis van Tradisionele Leiers in die parlement toegespreek oor die Wet op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur wat Woensdag in werking getree het.

Die tradisionele leiers is hoogs ontsteld dat die wet nie eksplisiet – in “swart op wit”

– uitstippel dat tradisionele rade geraadpleeg word wanneer beplanning vir kommunale grond gedoen word nie.

Nkwinti het gesê die wet kan nie uitgevoer word in kommunale gebiede – “waar julle (tradisionele leiers) die de facto eienaars is” – sonder raadpleging met die tradisionele leiers nie.

Hy het gesê die wet kan aangepas word sodat tradisionele leiers geraadpleeg moet word.

Die tradisionele leiers was vol oorlogspraatjies.

Sipho Etwell Mahlangu, adjunk-voorsitter van die huis, het gesê: “Ons was nog nie konfronterend met die regering nie, maar die amakosi is kwaad. Ons wil eerlikwaar nie oorlog maak teen ons regering nie.”

“Indien daar ’n effense gevoel is dat ons nie ingesluit word nie, moenie dink julle sal in staat wees om die wet toe te pas nie.”

Hy het gesê munisipaliteite behandel hulle nie as gelykes nie, maar soos “sokkerverenigings”.

“Hulle moet ons ernstig opneem! Soms voel dit asof daar na ons gekyk word asof ons diewe is. Dit is hoe die neo-liberale dit wil hê.”

Lameck Mathupa Mokoena, ’n tradisionele leier van Mpumalanga, het gesê hulle gaan nie wette toepas wat nie afdwingbaar is nie, soos in die geval toe ’n wet tradisionele wapens verbied het. 

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.