26 Junie 14:20
Kaapstad Verander Area

Maandag

18°C / 10°C

Wind 8km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Dinsdag

15°C / 12°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Woensdag

14°C / 10°C

Wind 12km/h

Reënval 11mm

Humiditeit 61%

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Vrydag

15°C / 12°C

Wind 16km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 84%

Saterdag

16°C / 10°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 76%

Politiek
Absa moet R1,125 mjd. terugbetaal, sê OB

Adv. Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer (OB), het die sogenaamde CIEX-verslag na die Spesiale Ondersoekeenheid verwys om die R1,125 miljard wat Absa van 1985 tot 1995 van die Reserwebank as ’n reddingsboei ontvang het, terug te kry.

Mkhwebane het die aankondiging Maandag op ’n mediakonferensie in Pretoria gedoen.

Sy het ook in haar verslag voorgestel dat die saak na die parlementêre portefeuljekomitee vir justisie en korrektiewe dienste verwys word om die Grondwet aan te pas om die onafhanklikheid van die Reserwebank te verseker.

Die Grondwet moet ook aangepas word om seker te maak die Reserwebank bevorder gebalanseerde en volhoubare ekonomiese groei.

’n Tak van Absa Foto: Getty Images

Die bank moet terselfdertyd seker maak die sosio-ekonomiese belange van die land se burgers word beskerm.

Die CIEX-verslag is gegrond op ’n ondersoek in 1997 deur die Britse maatskappy CIEX wat die aantygings ondersoek het dat die destydse Bankorp-groep, wat in 1992 deur Absa gekoop is, R3,2 miljard deur die Reserwebank aangebied is onder die voorwendsel van ’n reddingsaksie voor die aanvang van demokrasie in 1994.

Mkhwebane sê R1,12 miljard is die bedrag van die “onwettige geskenk” wat aan Bankorp betaal is en wat nou terugbetaal moet word.

Mkhwebane sê die regering het verkeerd opgetree deur nie die CIEX-verslag in werking te stel nie.

CIEX is £600 000 betaal vir dienste wat nooit deur die Suid-Afrikaanse regering gebruik is nie. Geen bewyse kon gevind word dat enige aksie geneem is nie.

Die regering het nie die Grondwet nagekom nie en daar was geen waarde vir geld nie.

Absa het in ’n verklaring gesê hy neem kennis van die OB se verklaring, maar het nog nie haar volledige verslag onder oë gehad nie.

“Ons het die OB se kantoor gevra om die verslag dringend aan ons te stuur. As ons dit gelees het, sal ons ons regsposisie oorweeg wat onder meer ’n hersiening in die hooggeregshof insluit.

“Absa het reeds in Oktober 1995 al sy verpligtinge jeens die lening met die Reserwebank nagekom. Dit is ons standpunt dat ons geen verpligting het om die Suid-Afrikaanse regering enigiets te betaal nie,” lui die verklaring. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.