24 Julie 18:51
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

16°C / 12°C

Wind 33km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 69%

Woensdag

14°C / 9°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Donderdag

18°C / 10°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Vrydag

19°C / 14°C

Wind 27km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Saterdag

18°C / 14°C

Wind 35km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Sondag

16°C / 10°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Politiek
ANC kan verkiesing in 2019 verloor, sê ontleders

Daar is ’n betekenisvolle kans dat die ANC die verkiesing in 2019 kan verloor, sê Rand Merchant Bank (RMB) in ’n verslag oor die politieke situasie ná die afgradering van Suid-Afrika se buitelandse skuld.

Hier is vyf van die belangrikste punte uit die verslag wat gegrond is op die menings van vyf politieke ontleders:

1. Die ontleders meen daar is ’n taamlike “hoë waarskynlikheid” van 31% dat pres. Jacob Zuma vanjaar uitgeskop kan word. RMB se eie mening is dat die markte die moontlikheid dat hy in die volgende paar maande uitgeskop kan word, onderskat.

2. Volgens RMB is dit die eerste keer dat ontleders sê daar is ’n betekenisvolle kans dat die ANC in 2019 die verkiesing kan verloor. Hierdie moontlikheid neem toe as Zuma as president aanbly en as dr. Nkosazana Dlamini-Zuma in Desember leier van die ANC word.

3. Dlamini-Zuma en die Zuma-faksie word gesien as die voorloper in die wedloop om die ANC-presidentskap te verower. Dit kan beteken dat Zuma president bly tot die verkiesing in 2019.

Volgens die ontleders is adj.pres. Cyril Ramaphosa tweede en dr. Zweli Mkhize, tesourier-generaal van die ANC, derde in die wedloop.

In ’n soortgelyke peiling in Desember verlede jaar, is Ramaphosa as die voorloper beskou.

4. Die waarskynlik van ’n radikale skuif na links in regeringsbeleid word op 35% geskat. Daar word verwag dat retoriek radikaal sal bly. Daar is ook die gevaar dat die regering by die Reserwebank sal inmeng.

5. Die ontleders is dit eens dat die ANC verdeeld is.

Oor ander moontlike uitkomste is die ontleders volgens RMB “so onseker soos die res van ons”.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.