23 Augustus 08:18
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 18km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 11°C

Wind 25km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 59%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 22km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 66%

Saterdag

17°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Sondag

17°C / 12°C

Wind 36km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Maandag

18°C / 8°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Politiek
‘Bankrot’ Masilonyana-munisipaliteit aangekla

Die “bankrot” Masilonyana-munisipaliteit (Winburg, Brandfort en Theunissen) is Donderdag by die polisiekantoor in Winburg vir minagting van die hof aangekla.

Pieter Kotzé, prokureur van Winburg, sê dit is gedoen omdat die munisipaliteit nie hofbevele eerbiedig wat hom verbied om inwoners se elektrisiteitstoevoer summier te ontkoppel voordat hy sy rekeningstelsel reggeruk het nie.

Boonop sê die Grondwet daar moet eers 14 dae vooraf kennis gegee word.

“Masilonyana gaan net voort om kragtoevoer te ontkoppel ondanks die hofbevele wat teen hom verkry is. Dit is waarom ’n klag van minagting van die hof Donderdag by die polisiekantoor ingedien is.”

Kotzé se hy glo die oorhaastige ontkoppeling van die kragtoevoer is om geld in die hande te kry om Eskom en ander skuldeisers te betaal.

Hy sê Masilonyana is ’n geweldig disfunksionele munisipaliteit.

“Die Masilonyana-forum het boonop formele klagtes teen die munisipaliteit oor sy ouditverslag opgestel en by die minister ingehandig.

“Amptenary van Masilonyana kan nie die werk doen nie. Die munisipaliteit sukkel om Eskom te betaal en kan ook nie salarisse betyds betaal nie.

Masilonyana gaan net voort om kragtoevoer te ontkoppel ondanks die hofbevele wat teen hom verkry is. Dit is waarom ’n klag van minagting van die hof Donderdag by die polisiekantoor ingedien is.
Pieter Kotzé, prokureur van Winburg

“Daar is vandeesweek voor die voet kragtoevoer in Winburg en Brandfort ontkoppel. In Winburg is tot die hotel se kragtoevoer ontkoppel, asook dié van ander ondernemings soos Freddy’s Electrical en AC Workshop & Towing.

“Die munisipaliteit steur hom min aan die Grondwet en sy eie regulasies.”

Kotzé sê die probleem is die genoemde drie sakeondernemings het alarmstelsels om diewe weg te hou.

Pieter Rossouw, wat ook ’n hofbevel teen die munisipaliteit verkry het omdat die kragtoevoer by woonstelle wat hy verhuur, ontkoppel was, sê die munisipaliteit se boekhoustelsel is chaoties.

“Die rekenings van die woonstelle was lank reg op my trust se naam, maar toe is dit skielik weer op die vorige eienaar se naam. Ek kry nooit die rekenings nie.”

Freddy Meyer van Freddy’s Electric sê hy het reeds in 2015 ’n hofbevel teen die ontkoppeling van sy sakeonderneming se kragtoevoer gekry, omdat die boekhoustelsel van die munisipaliteit so chaoties is. Vroeg vandeesweek is die kragtoevoer summier ontkoppel en teen laat gister (Vrydag) weer gekoppel.

Deon Botha van die Winburg-hotel en die Winburg-gastehuis sê sy kragtoevoer was van vroeg vandeesweek af in die hotel ontkoppel.

“Ons was tot in 2015 vooruit betaal aan ons munisipale rekenings. Maar daar is rekenings waarmee my vrou al 13 jaar sukkel om reggestel te kry.

“Maandag is die hotel se kragtoevoer net skielik ontkoppel.

“Hy sê Woensdag was daar 100 gaste en toe was daar nie elektrisiteit of water in die hotel nie.

“Ons het Dinsdagmiddag ’n hofbevel gekry vir die koppeling van die krag, maar dit is geïgnoreer en Vrydagmiddag was daar steeds nie kragtoevoer nie.”

Adriaan van Zyl van AC Workshop & Towing sê sy kragtoevoer was gistermiddag (Vrydagmiddag) steeds ontkoppel.

“Ek gaan nie vir krag op ’n verkeerde perseel betaal nie. In ’n stadium het ons Lewis Stores se water betaal en R10 000 in die water gegooi.”

* Nontsizi Mochana, burgemeester, en Stephen Kau, waarnemende stadsbestuurder, is elkeen drie keer om kommentaar gebel, maar het nie gereageer nie.

* Zongezile Ntwabule, kommunikasiebestuurder, was ook nie beskikbaar nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.