27 April 20:50
Kaapstad Verander Area

Vrydag

22°C / 15°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Saterdag

27°C / 18°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 36%

Sondag

18°C / 17°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 83%

Maandag

19°C / 16°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Woensdag

21°C / 14°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 46%

Politiek
Brian Molefe word LP
Brian MolefeFoto: Felix Dlangamandla

Brian Molefe, voormalige uitvoerende hoof van Eskom, gaan as lid van die parlement (LP) ingesweer word.

Molefe het by Eskom bedank nadat hy in die voormalige openbare beskermer, Thuli Madonsela, se verslag oor staatskaping geïmpliseer is.

Moloto Mothapo, parlementêre woordvoerder, het Vrydagmiddag bevestig dat ’n datum vir Molefe se inswering as LP nog net vasgestel moet word.

Volgens Mothapo is Molefe genomineer om ’n vakante LP-pos op die Noordwes-provinsie se lys van ANC-LP’s te vul.

Molefe se nominasie as LP kom nadat daar reeds lank bespiegel word dat pres. Jacob Zuma hom dalk in Pravin Gordhan of Mcebisi Jonas se poste as minister óf adjunkminister van finansies kan aanstel as Zuma sy kabinet sou skommel.

Dít terwyl Gordhan komende Woensdag sy begrotingsrede in die parlement moet lewer.

Die Sunday Times het vroeër berig hoe die ANC in Noordwes vir Luthuli-huis, ANC-hoofkantoor in Johannesburg, gevra het om Molefe by sy lys in te sluit vir lede wat hy na die parlement wil stuur.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.