30 Mei 05:34
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

22°C / 14°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 46%

Woensdag

19°C / 14°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 72%

Donderdag

19°C / 13°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Vrydag

21°C / 13°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Saterdag

20°C / 16°C

Wind 37km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Sondag

17°C / 14°C

Wind 13km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 70%

Politiek
DA deel nie Zille se siening – Maimane
Mmusi Maimaine, DA-leier, en Helen Zille, die Wes-Kaapse premier. Foto: Muntu Vilakazi

Helen Zille se mening oor kolonialisme stem nie ooreen met wat die DA voorstaan nie, sê die DA-leier, Mmusi Maimane.

Die kwessie het “ernstige gevolge” gehad, het Maimane Maandag gedurende ’n deur-tot-deur-veldtog in Pietermaritzburg gesê.

“Enige siening wat die skikking van die DA in 1994, waarin die party onderneem het om met alle rasse saam te werk, ondermyn, is strydig met dit waarvoor die DA staan.”

Zille gaan in ’n tugsaak verhoor word. Maimane sê hy gaan die party se federale regskommissie toelaat om sy werk te doen. Die oppergesag van die reg geld vir almal in die party, ongeag hul posisies.

“Ek deel nie haar sienings nie en sal aanhou om te veg vir ’n Suid-Afrika vir almal, waar alle rasse kan saamstaan.”

Zille het ’n herrie op sosiale media ontketen toe sy Donderdag getwiet het dat nie alle aspekte van kolonialisme sleg was nie.

Ek deel nie haar sienings nie en sal aanhou om te veg vir ’n Suid-Afrika vir almal, waar alle rasse kan saamstaan.

“Vir diegene wat beweer dat die nalatenskap van kolonialisme NET negatief was, dink aan ons onafhanklike regbank, die vervoerinfrastruktuur, lopende water, ensovoorts,” het sy getwiet.

“Ek klim nou op ’n vliegtuig en gaan nie op die WiFi gaan nie sodat ek diegene kan afsny wat dink ELKE aspek van die koloniale nalatenskap was sleg,” het sy getwiet.

Sy het later verskoning gevra en gesê haar twiets was nie bedoel om kolonialisme te verdedig nie.

Maimane het inwoners van wyk 32 in Pietermaritzburg voor ’n tussenverkiesing op 29 Maart toegespreek.

Clive Otis Lots, die DA-raadslid in dié wyk, het minder as 30 dae ná die munisipale verkiesing verlede jaar bedank en hom by die ANC aangesluit. – News24

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.