27 April 09:05
Kaapstad Verander Area

Donderdag

20°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Vrydag

22°C / 15°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Saterdag

27°C / 18°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 39%

Sondag

20°C / 17°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 83%

Maandag

19°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Dinsdag

21°C / 15°C

Wind 28km/h

Reënval 0

Humiditeit 67%

Politiek
DA eis antwoorde oor padsterftes

Die DA eis dat die nuwe minister van vervoer verduidelik hoekom die dodetal op Suid-Afrikaanse paaie met 51% gestyg het, terwyl miljoene rande aan verskeie padveiligheidsveldtogte bestee word.

Só lui ’n verklaring wat Vrydag deur Manny de Freitas, DA-LP, uitgereik is, waarin antwoorde geëis word.

Dit volg nadat Joe Maswanganyi, minister van vervoer, Vrydag op ’n mediakonferensie die padsterftesyfer vir die Paastyd aangekondig het.

“Die minister moet ook besonderhede gee oor presies watter veldtogte van stapel gestuur is om die padsterftesyfer te verminder, hoeveel dit gekos het en hoekom dit so onsuksesvol was,” lui die verklaring.

Maswanganyi het Vrydag aangekondig dat 235 mense die vyf dae oor Paasnaweek op die land se paaie gesterf het.

“Dit beteken dat 79 meer mense vanjaar tydens Paasnaweek gesterf het. Die feit van die saak is dat die departement van vervoer, in samewerking met die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) voortgaan met dieselfde strategie om die sterftesyfer te verminder. Dit is die definisie van malligheid om dieselfde ding oor en oor te doen en verskillende resultate te verwag,” aldus De Freitas.

Suid-Afrikaners moet met inligting van doeltreffende veldtogte oor padveiligheid bemagtig word en dit moet regdeur die jaar aan hulle deurgegee word

Hy sê die RTMC het self aan die portefeuljekomitee vir vervoer erken dat die grootste kwessie wat tot padsterftes bydra, onder meer onklaar remme en gladde motorbande is, tog takel die veldtogte nie een van dié kwessies nie.

Om voertuie voor te keer en te kyk of die bestuurders geldige rybewyse het, is nie genoeg nie.

“Suid-Afrikaners moet met inligting van doeltreffende veldtogte oor padveiligheid bemagtig word en dit moet regdeur die jaar aan hulle deurgegee word.”

Die DA beplan om ’n brief aan Dikeledi Magadzi, voorsitter van die portefeuljekomitee vir vervoer, te rig waarin die besware gelug sal word.

Intussen het die LUR vir gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeldienste in Mpumalanga, Pat Ngomane, gesê hy beplan om met die burgemeesters van die verskillende munisipaliteite in dié provinsie te vergader om saam met strategieë vorendag te kom om padsterftes in dié provinsie te verminder.

Hy sê hy glo dat bemiddeling op munisipale vlak sal help omdat die meeste ongelukke op plaaslike paaie gebeur.

“Dit help nie ons beplan om alleen te werk terwyl die ongelukke ons almal raak nie. Om saam te werk, beteken ook dat ons hulpbronne gesamentlik gebruik.”

Hy sê een plan moet uitgevoer word met een doel.

Die Vrystaat is die enigste provinsie waar daar vanjaar minder padsterftes oor Paasnaweek was as verlede jaar – agt vanjaar teenoor 11 verlede jaar.

In die ander provinsies is meer mense vanjaar dood:

* KwaZulu-Natal 59 (28 in 2016);

* Gauteng 38 (24);

* Limpopo 30 (23);

* Mpumalanga 28 (21);

* Oos-Kaap 27 (24);

* Wes-Kaap 22 (14);

* Noordwes 12 (8); en

* Noord-Kaap 11 (4).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.