Stel ons op die proef, vir nuus wat jy kan vertrou. Registreer vir 30 dae gratis
Politiek
DA eis Mbalula moet Phahlane ‘vandag skors’
Lt.genl. Khomotso Phahlane, waarnemende nasionale kommissaris van polisie, het na bewering die kontrakteurs wat sy huis gebou het, met kontant in plastieksakke uit sy motor se kattebak betaal. Foto: Lindile Mbontsi

Fikile Mbalula, minister van polisie, moet “vandag nog” lt.genl. Khomotso Phahlane as waarnemende nasionale kommissaris van polisie skors, het die DA Vrydag geëis.

Dit volg op nuwe onthullings in ’n beëdigde verklaring wat die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) vandeesweek by die hooggeregshof in Pretoria ingedien het.

Phahlane doen in die hof aansoek om die lasbrief ter syde te stel wat Opod verlede jaar toegelaat het om sy huis te deursoek. Hy het vandeesweek geweier om saam te werk met die Opod-ondersoek ná bewerings dat hy geld ontvang het in ruil vir tenders van meer as R90 miljoen toe hy hoof van die polisie se forensiese dienste was.

Zak Mbhele, DA-LP, sê die bewerings in Opod se verklaring is baie ernstig.

“Dit is duidelik Phahlane sal alles in sy vermoë doen om die ondersoek te ondermyn.

“Phahlane is nie bo verdenking nie en sal moet gaan. Mbalula moet die regte ding doen en Phahlane vandag nog skors.”

Meer oor:  Moet  |  Skors  |  Da  |  Eis  |  Phahlane  |  Mbalula
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.