27 Mei 13:52
Kaapstad Verander Area

Saterdag

17°C / 12°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 73%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Maandag

20°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Dinsdag

21°C / 14°C

Wind 8km/h

Reënval 0

Humiditeit 49%

Woensdag

20°C / 13°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Donderdag

20°C / 14°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Politiek
DA in Gauteng, Limpopo nie nou besorg oor Zille

DA-leiers in Gauteng en Limpopo is nie tans bekommerd oor die uitwerking wat Helen Zille se twiets oor kolonialisme kan hê op hul beheer oor stadsrade in samewerking met die EFF nie.

Die EFF het ’n beroep op die DA gedoen om Zille se kop te laat rol en Floyd Shivambu, adjunkpresident van die EFF, het James Selfe, voorsitter van die DA se federale raad, reeds gevra vir ’n vergadering met die DA se leiers.

Mmusi Maimane, DA-leier, het ’n klag oor Zille se twiets by die party se regskommissie ingedien. John Moodey, Gautengse leier van die DA, waar die party Mogale City (Krugersdorp), Tshwane en Johannesburg met die steun van die EFF beheer, het by navraag gesê hy is nie “onnodig bekommerd” oor so ’n gesprek nie.

Hy sê as die EFF sy samewerking met die DA in sommige stadsrade opskort, sal dit die EFF wees wat dié rade op ’n skinkbord aan die ANC oorhandig.

Moodey sê daar is niemand in die party wat bo sy reëls en regulasies verhewe is nie en die proses sal sy loop neem. Iemand wat ’n ambassadeur van ’n organisasie of party is, moet nie die beeld daarvan skade aandoen nie.

“Daar is ’n groter prentjie. Dit gaan oor die party se handelsmerk.”

Moodey het aanstoot geneem oor Zille se uitlatings waarvoor sy later om verskoning gevra het. Hy het ook ’n brief aan Selfe geskryf.

John Moodey, Gautengse leier van die DA. Foto: Nelius Rademan

Jacques Smalle, leier van die DA in Limpopo, sê hy is ook nie tans bekommerd nie. Opposisiepartye beheer die munisipaliteit van Thabazimbi en dié van Modimolle/Mookgophong met die EFF se steun.

“Namate die verhouding groei en ons saamwerk, sal daar seker kwelpunte wees oor beleid en uitsprake wat aan albei kante gemaak word.” Die DA sal self sy interne dissipline handhaaf en kan nie deur ’n ander party gedwing word om iets te doen nie.

Khume Ramulifho, DA-leier in Johannesburg, stem daarmee saam dat die DA nie deur ’n ander party gedruk kan word om besluite te neem nie.

Hy sê die DA se interne prosesse word nou gevolg. Die DA sal nie sy grondwet verander omdat ander partye so sê nie. Mense in die DA kom uit verskillende agtergronde, maar kolonialisme en apartheid was beslis nie goed nie.

Elke saak voor die DA se regskommissie word op meriete beoordeel.

Hy sê Zille se uitlatings het niks met die DA in sy regeringshoedanigheid te doen nie.

Hierdie geval gaan oor hoe die DA homself sien en hoe hy homself verteenwoordig. “Dit het niks met Herman Mashaba (burgemeester van Johannesburg) en Solly Msimanga (burgemeester van Tshwane) te doen nie.”

Hy sê Zille is nie die leier van die DA nie, maar net premier van die Wes-Kaap. In dié provinsie regeer die DA met ’n meerderheid. Hy glo dus nie dat haar uitlatings ’n invloed op die koalisieregerings elders in die land sal hê nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.