27 Julie 00:40
Kaapstad Verander Area

Donderdag

17°C / 8°C

Wind 15km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 55%

Vrydag

20°C / 13°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Saterdag

18°C / 13°C

Wind 23km/h

Reënval 1mm

Humiditeit 64%

Sondag

20°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Maandag

21°C / 13°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Dinsdag

16°C / 14°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Politiek
Drukgroepe probeer Zille stilmaak; sy praat voort
Helen Zille, Wes-Kaapse premier, by die Colin Eglin-gedenklesing in Kaapstad. Foto: Jason Felix

Die drukgroepe Reclaim the City en Ndifuna Ukwazi het weer een van Helen Zille, Wes-Kaapse premier, se geleenthede ontwrig, maar ’n koelkop Zille het die situasie vinnig hanteer en verseker dat die verrigtinge vlot verloop.

Zille het Donderdagaand die vyfde Colin Eglin-gedenklesing in die Kaapstad-klub gelewer toe ondersteuners van die drukgroepe plakkate omhoog gehou het terwyl sy gepraat het.

Daar het ’n kort onderonsie uitgebreek met een van die betogers, maar Zille het aan die gehoor gesê almal het die reg om te betoog en dat dit in die Grondwet verseker word.

“Dit is vrye samelewing en julle mag hier staan. Almal van ons het baie geveg vir die reg om te betoog en julle is welkom,” het Zille gesê.

Die groep betogers, wat aan een tafel gesit het, het Zille toegestaan met hul groot plakkate. Die gehoor kon skaars Zille se kop sien terwyl sy haar toespraak moeiteloos gelewer het.

“Hou op om ons skole te verkoop,” het van die plakkate gelees. Die betoging hou verband met die verkoop van die omstrede Tafelberg-skool in Seepunt.

Die drukgroepe wil hê dat die grond vir bekostigbare behuising benut word. Die provinsiale regering het dit egter verkoop.

Die groepe het onlangs van Menseregtedag af by die Wes-Kaapse provinsiale parlement se gebou gebly totdat hulle ’n antwoord kry oor die toekoms van die ou Tafelberg-skoolterrein.

’n Paar van Reclaim the City se ondersteuners het ook voor Zille se huis in Oranjezicht gewag om die organisasie se visie vir die skoolterrein persoonlik aan haar te oorhandig.

Die provinsiale kabinet se aanvanklike besluit om die ou Tafelberg-skoolterrein aan die Phyllis Jowell Jewish Day School vir R135 miljoen in 2015 te verkoop, is in Mei verlede jaar gestop nadat Ndifuna Ukwazi en Reclaim the City by die hooggeregshof in Kaapstad daarvoor aansoek gedoen het.

Daar is toe met die provinsiale regering ooreengekom om die openbare deelnameproses te heropen. Die verkoop van die skool is toe weer goedgekeur, en het tot gevolg gehad dat Reclaim the City sedertdien ’n veldtog voer teen “die stroop van openbare bates” en aandring daarop dat die erf vir bekostigbare behuisingsontwikkeling gebruik word.

Zille het wel ’n kans gekry om oor Eglin te praat.

Hy is Desember 2013 in die ouderdom van 88 oorlede nadat hy met hartprobleme in die hospitaal opgeneem en later na ’n sorgsentrum verskuif is.

Eglin het die beleid van apartheid langer as vier dekades as lid van die opposisie in die parlement beveg. Hy was ’n stigterslid en later ook leier van die Progressiewe Federale Party (PFP), die amptelike opposisie in die parlement tussen 1977 en 1979.

Meer onlangs het hy as LP van die DP en die DA in die parlement gedien. Hy het in 2004 afgetree.

“Hy was ’n wonderlike mens. Daar is bitter min politici wat ’n nalatenskap agtergelaat het. Colin is beslis een van hulle,” het Zille gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.