30 April 18:39
Kaapstad Verander Area

Maandag

19°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Woensdag

22°C / 15°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Donderdag

21°C / 16°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

18°C / 16°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Saterdag

17°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 81%

Politiek
EFF briesend oor Shivambu se tugsaak

“ ’n Doelbewuste onderdrukking van die vryheid van spraak” en ’n poging om enige kritiek van pres. Jacob Zuma se kabinetskommeling te snoer.

Só beskou die EFF die besluit deur Baleka Mbete, speaker van die Nasionale Vergadering (NV), om Floyd Shivambu, EFF-hoofsweep, voor ’n tugkomitee te daag.

Dit kom nadat Shivambu op 10 November verlede jaar in die NV gesê het die president sal ANC-LP’s “in hegtenis neem en vermoor”. Hy het gesê die omstrede Gupta-familie het Mosebenzi Zwane, minister van minerale bronne, en Des van Rooyen, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, aangestel.

Hy het geweier om die stellings terug te trek.

Mbete het Donderdag aangekondig die parlement gaan ’n tugondersoek na Shivambu se opmerkings begin.

Mbuyiseni Ndlozi, EFF-woordvoerder, sê in reaksie hierop LP’s geniet vryheid van spraak ingevolge die Grondwet en die Wet op Bevoegdhede, Voorregte en Immuniteit wat beteken dat hulle nie gestraf kan word vir dit wat hulle in die parlement sê nie. Die EFF glo Mbete se besluit om Shivambu voor ’n tugkomitee te daag, is daarop gemik om “vrees” te skep rondom parlementêre debatte oor Zuma.

Die party staan daarby dat Shivambu se opmerkings “korrek” was.

“Van Rooyen was absoluut ’n Gupta-aanstelling as minister van finansies en Zuma sal inderdaad alles in sy mag gebruik, insluitend om al sy kritici te vermoor wat vandag stilbly binne die ANC in plaas daarvan om hom uit te daag,” sê Ndlozi in ’n verklaring.

Die party is bereid om hom tot die hoogste hof in die land te beroep om vryheid van spraak in die parlement te verdedig.

“Die EFF het herhaaldelik aan die speaker geskryf om Jacob Zuma voor ’n tugkomitee te daag en prosedures te begin om hom in ’n staat van beskuldiging te plaas omdat hy sy ampseed verbreek het en vir die parlement gelieg het.

“Die speaker het egter voortdurend geweier om dit te doen. Dit het die EFF verplig om hom verlede maand tot die konstitusionele hof te wend om haar te dwing in dié verband,” sê Ndlozi.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.