Stel ons op die proef, vir nuus wat jy kan vertrou. Registreer vir 30 dae gratis
Politiek
EFF wil met DA oor Zille-twiet vergader
Helen Zille, Wes-Kaapse premier en voormalige DA-leier.Foto: Jan Gerber

Die DA het tot dusver geen formele aanduiding van hul amptelike koalisievennote ontvang dat ontevredenheid oor Helen Zille, premier van die Wes-Kaap en voormalige DA-leier, se twiets oor kolonialisme ondervind word nie.

Die EFF, wat die DA op munisipale vlak oor sekere aangeleenthede steun, het wel ’n vergadering versoek.

James Selfe, voorsitter van die DA se federale raad, het gesê Floyd Shivambu, adjunk-EFF-leier, het ’n brief aan die party gerig waarin hy ’n vergadering aanvra.

“Ek kan bevestig ons het ’n brief van mnr. Shivambu ontvang waarin hy ’n vergadering aanvra. Ons het gereageer op daardie brief waarin ons sê ons is bereid om enige tyd met die EFF te vergader om hul bekommernisse te bespreek,” het Selfe gesê.

Danksy die EFF se ondersteuning regeer die DA die metrorade van Pretoria en Johannesburg.

“Die DA het nie ’n koalisieooreenkoms met die EFF nie. Die EFF ondersteun egter DA-regerings oor sekere aangeleenthede. Die DA het waarvan ek weet geen aanduiding van ons formele koalisievennote ontvang dat hulle ontevrede oor die twiet is nie,” het Selfe gesê.

Ons het gereageer op daardie brief waarin ons sê ons is bereid om enige tyd met die EFF te vergader om hul bekommernisse te bespreek.

Vroeër die week het Julius Malema, EFF-leier, op Twitter gesê hy het ’n dringende vergadering met Mmusi Maimane, DA-leier, aangevra.

Tot nou toe het die partye nog geensins bymekaargekom nie, het Mbuyiseni Ndlozi, EFF-woordvoerder en LP, gesê.

“Die EFF staan steeds by wat voorheen gesê is. Ons doen ’n oproep op die DA om Zille as premier van die Wes-Kaap te herroep. Sy het gewys sy het geen waardering vir ons demokratiese bedeling nie,” het Ndlozi gesê.

Zille het in haar twiets gesê diegene wat glo die nalatenskap van kolonialisme is net negatief, moet dink aan “die onafhanklike regbank, vervoerinfrastruktuur, water, ensovoorts”.

Sy het later onvoorwaardelik om verskoning gevra.

Rapport het die naweek berig jare lange kollegas van Zille eis haar kop omdat hulle bang is haar uitlatings oor kolonialisme beduiwel die DA se kanse om in 2019 ’n deurbraak onder swart kiesers by die stembus te maak.

Uit die DA se tradisionele, liberale steunbasis is Sondag gewaarsku té hardhandige optrede deur Maimane en die DA se federale regskommissie teen ’n veteraan soos Zille sal die DA by ’n “historiese keerpunt” bring omdat dit sal wys vrye denke is nou daar taboe.

Maimane het ’n klag oor Zille se twiets by die party se regskommissie ingedien.

Maimane het ’n klag oor Zille se twiets by die party se regskommissie ingedien.

Glynnis Breytenbach, DA-LP en voorsitter van die regskommissie, het geen tydsaanduiding vir die ondersoek verskaf nie.

Intussen het Zille se veroordeelde uitlatings op Twitter ook die kollig op Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad en voormalige DA-leier in die Wes-Kaap, se ondersoek geplaas.

Die DA ondersoek De Lille, Shaun August, hoofsweep in die Kaapse metroraad, en Josh Jordaan, voormalige DA-lid, se moontlike betrokkenheid by die bekendmaking van inligting in dokumente.

Dié ondersoek duur voort.

Meer oor:  Da  |  Eff  |  Malema  |  Helen Zille  |  James Selfe  |  Wes-Kaap  |  Kolonialisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.