27 April 20:48
Kaapstad Verander Area

Vrydag

22°C / 15°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Saterdag

27°C / 18°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 36%

Sondag

18°C / 17°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 83%

Maandag

19°C / 16°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Woensdag

21°C / 14°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 46%

Politiek
Geen grond vir húlle
Foto ter illustrasie. Foto: Gallo Images

Geen buitelander sal landbougrond in Suid-Afrika mag koop as ’n wetsontwerp wat Vrydag in die Staatskoerant gepubliseer is, wet word nie.

Die doel is om die nalatenskap van kolonialisme en apartheid om te keer en ’n regverdige en billike verspreiding van landbougrond aan Afrikane te verseker, lui die memorandum wat saam met die Wetsontwerp op die Regulering van Landbougrondbesit gepubliseer is.

Luidens die memorandum was daar van 1997 tot 2007 beduidende skuiwe in grondeienaarskap.

In sekere streke het buitelanders toenemend landbou-eiendom gekoop.

“Die aard, omvang, tendense en uitwerking van grondaankope, -gebruik en -beleggings” wat buitelanders in grond doen, is luidens die memorandum onbekend omdat daar nie ’n omvattende databasis is nie.

Daar is ook nie betroubare inligting oor die eienaarskap van landbougrond onder Suid-Afrikaners wat ras, geslag en die grootte van die grond betref nie.

Lewer kommentaar oor die wetsontwerp

Rig dit per pos aan: Die direkteur-generaal van landelike ontwikkeling en grondhervorming, Aandag adv. Sello Ramasala, Private sak X833, Pretoria 0001, of per e-pos aan ralhbill@drdlr.gov.za of sello.ramasala@drdlr.gov.za.

Briewe kan ook afgelewer word by Jeff Masemolastraat 184 in Pretoria of stuur ’n faks na 012 324 2118.

As die wetsontwerp wet word, sal eienaars hul grond by die grondkommissie, wat gestig gaan word, moet registreer.

“Geen buitelandse persoon sal van die datum wat die wet van krag word eienaarskap van landbougrond kan bekom nie,” lui art. 19(1) van die wetsontwerp.

Buitelanders sal langtermynhuurooreenkomste vir landbougrond kan aangaan.

Wanneer ’n buitelander landbougrond verkoop, sal hy dit by die grondkommissie moet aanmeld.

Die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming het dan die reg op eerste weiering om die grond vir herverdeling te bekom.

In 2015 was daar sprake dat grondeienaarskap tot 12 000 ha beperk gaan word. In die wetsontwerp is daarvan afgesien.

Die minister sal wel grondbesit kan beperk, maar ’n lang lys van praktiese landbouverwante oorwegings moet in ag geneem word vir spesifieke streke.

Die grond wat die perk oorskry, sal as “herverdelingslandbougrond” geklassifiseer word. Dit moet aan ’n swart Suid-Afrikaner verkoop word.

Indien daar nie ’n swart Suid-Afrikaner is wat die grond wil koop nie, sal die minister die grond (namens die staat) koop. Indien die eienaar van daardie grond en die minister nie op ’n prys kan ooreenkom nie, mag die minister ingevolge wetgewing wat onteiening reguleer die betrokke herverdelingslandbougrond onteien, lui die wetsontwerp.

Openbare kommentaar kan tot 17 April gelewer word,

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.