23 Augustus 13:57
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 12°C

Wind 19km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 12°C

Wind 28km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 60%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 63%

Saterdag

16°C / 11°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 33km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Maandag

20°C / 9°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 51%

Politiek
Minister antwoord AfriForum in 60 dae

Die minister van polisie sal binne 60 dae ’n antwoord gee op AfriForum se twee aansoeke om inligting te bekom oor amptelike vuurwapens van die staat wat gesteel, verlore geraak of teruggekry is.

AfriForum het hom tot die hooggeregshof in Pretoria gewend om die minister te dwing om dié inligting beskikbaar te stel, maar die partye het Woensdag ’n skikkingsooreenkoms bereik wat deur regter Hennie de Vos ’n hofbevel gemaak is.

De Vos het gesê die skikking is ’n “wyse besluit”.

Die hofbevel lui dat AfriForum se twee aansoeke om inligting te kry, wat hy vroeër by die polisie ingedien het kragtens die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia), na die minister terugverwys word vir heroorweging en dat die minister binne 60 dae ’n antwoord daaroor sal gee.

Wat AfriForum wil hê

* Met sy eerste Paia-aansoek wil hy die elektroniese bewyse hê van alle amptelike vuurwapens wat geregistreer is in die polisie se bateregister wat as gesteel of verlore aangemeld is tussen 1 Januarie 2009 en 6 Junie 2014, asook dié wat in dié tydperk teruggekry of gevind is.

* Met die tweede Paia-aansoek wil die organisasie inligting van die Sentrale Vuurwapenregister (onder die polisie se beheer) bekom oor die amptelike vuurwapens wat in dié tydperk by staatsinstellings verlore geraak, gesteel of teruggekry is. Dit sluit in die weermag, departement van korrektiewe dienste, intelligensiediens en enige ander staatsinstelling in wie se naam vuurwapens geregistreer is.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het in die hof gesê die staat het nie voldoende beheer oor sy vuurwapens nie en dat verlore en gesteelde vuurwapens in misdadigers se hande beland.

AfriForum wil die syfers openbaar maak.

Volgens Cameron dui ’n “voorlopige syfer” dat sowat
6 000 vuurwapens tussen 2009 en 2014 by die staat verlore geraak het.

“Ons kan dit nie toelaat nie. As so iets in ’n ander land sou gebeur, sou dit as ’n skandaal daar bestempel word.”

AfriForum wil met die syfers vasstel of die polisie in wapensterkte oortref is deur misdadigers wat staatsvuurwapens besit, het hy gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.