28 Julie 00:33
Kaapstad Verander Area

Vrydag

20°C / 12°C

Wind 27km/h

Reënval 0

Humiditeit 53%

Saterdag

18°C / 13°C

Wind 24km/h

Reënval 1mm

Humiditeit 64%

Sondag

20°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Maandag

22°C / 15°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 49%

Dinsdag

16°C / 15°C

Wind 39km/h

Reënval 6mm

Humiditeit 80%

Woensdag

15°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 5mm

Humiditeit 66%

Politiek
‘Moenie dat Hlaudi jou rat voor die oë draai’

“Moenie dat Hlaudi Motsoeneng jou ’n rat voor die oë draai nie.”

Dit was William Bird, direkteur van Media Monitoring Africa, se waarskuwing ná Motsoeneng se ongewone en lang mediakonferensie Woensdag waar dié voormalige SAUK-bedryfshoof sy eie lof besing en sy lang lys kritici veroordeel het.

“Wat gevaarlik is van hom, is dat mense nie altyd verby die vertoon kyk nie,” sê Bird.

“Ek dink dit (die mediakonferensie) was ’n poging om terug te veg en die diskoers weg te lei van waar dit die laaste paar maande was oor die SAUK,” sê Bird.

Voor Motsoeneng se spreekbeurt het ’n rits mense – onder wie die musikant Blondie Makhene – Motsoeneng geloof, veral vir sy beleid dat 90% van die musiek wat op SAUK-radiostasies gespeel word plaaslik moet wees.

Bird bestempel dit as “bykans opgestelde lofsange” en “fascisme gekombineer met Michael Jackson”.

Verlede maand het die Nasionale Vergadering die ad hoc-komitee wat die SAUK-raad ondersoek het se verslag aanvaar en ’n tussentydse SAUK-raad aangestel wat onlangs begin het met die groot taak om die SAUK weer op koers te kry.

Dié komitee en van die lede van die tussentydse raad was onder diegene wat onder Motsoeneng se tong deurgeloop het.

Die hooggeregshof in Kaapstad het in Desember Motsoeneng se aanstelling as die SAUK se korporatiewe hoof onwettig en irrasioneel verklaar nadat die DA ’n aansoek in dié verband ingedien het. Die hof het gelas dat hy geen pos by die SAUK mag beklee totdat hy ’n bevredigende tugverhoor gehad het of die bevindings van die openbare beskermer (OB) deur ’n hof hersien en tersyde gestel is nie.

Motsoeneng is dus tans net ’n gewone SAUK-werknemer.

Op sosiale media het daar ’n debat gewoed oor of die media enigsins ag moet slaan op Motsoeneng se mediakonferensie.

Bird sê dit is te verstane dat die media die geleentheid dek, maar waarsku ook dat die media-aandag Motsoeneng se “grootheidswaan” voed.

Die raad moet Hlaudi nie toelaat om sy gesag te ondermyn nie.
Dennis Bloem

Ná die mediakonferensie het Phumzile van Damme, DA-woordvoerder, gesê dit is genoeg rede dat die SAUK hom afdank.

Sy sê ná die hooggeregshofbeslissing is Motsoeneng steeds ’n werknemer van die SAUK – al “trek hy ’n salaris van R350 000 per maand om by die huis te sit” – en is daarom steeds gebonde aan die SAUK se gedragskode.

“Om ’n mediakonferensie as ’n SAUK-werknemer te hou sonder die toestemming van die SAUK-raad of -bestuur is ’n doelbewuste poging om die SAUK te ondermyn en negatiewe beriggewing te veroorsaak oor die verskeie pogings om die SAUK na kalmer waters te stuur,” sê Van Damme.

“Dit kan nie ongestraf bly nie.

“Vorige rade kon nie daarin slaag om sterk teen Motsoeneng op te tree nie. Dit is tyd dat die tussentydse raad tande wys en sy verbintenis tot die herstel van die openbare uitsaaier te bewys deur Motsoeneng af te dank.”

Dennis Bloem, Cope-woordvoerder, het reeds voor Motsoeneng se mediakonferensie gesê die tussentydse raad moet “die ongeleide missiel” inperk.

“Die raad moet Hlaudi nie toelaat om sy gesag te ondermyn nie,” sê Bloem.

Kaizer Kganyago, SAUK-woordvoerder, het op die SAUK se uitsending net ná Motsoeneng se mediakonferensie gesê die SAUK-raad neem kennis daarvan, maar gaan nie deur die media met Motsoeneng praat nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.