29 Mei 22:53
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

22°C / 14°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 47%

Woensdag

19°C / 14°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Donderdag

19°C / 13°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 50%

Saterdag

20°C / 16°C

Wind 36km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 69%

Sondag

16°C / 14°C

Wind 13km/h

Reënval 2mm

Humiditeit 65%

Politiek
Moenie moed verloor nie, sê Pik
Oudminister Pik Botha Woensdagaand op ’n vergadering van die filosofievereniging Philco Feast in Pretoria.Foto: Sarel van der Walt

Hoewel dinge in die land op die oomblik nie goed lyk nie, doen hy ’n beroep op Suid-Afrikaners om nie moed te verloor nie en “net nog ’n rukkie geduldig te wees, want die draaipunt is op pad en (pres. Jacob) Zuma sal gaan”.

Só het oudminister Pik Botha (84) Woensdagaand op ’n vergadering van die filosofievereniging Philco Feast in Pretoria gesê.

“Dit wat in die land gebeur maak my hartseer, maar die verandering in die land is onomkeerbaar. Ek vra net vir geduld en geloof. Moet nie so haat dat julle wil begin moed opgee nie. Dit is nie nodig nie.

“Die politiek is verganklik. Die draaipunt sal kom en Zuma sal gaan. Die probleem is wie volg hom op.

“My keuse vir president is Cyril Ramaphosa,” het Botha gesê.

“Ek kan u waarborg oudpres. Nelson Mandela sou sy in graf omgedraai het as hy moes meemaak wat tans in die land gebeur.”

Botha het vertel Mandela het in private gesprekke aan hom gesê “geen land, staat of regering wat deur geweld tot stand kom, kan uithou nie”.

“Hulle het nie ’n toekoms nie,” het Mandela volgens Botha gesê.

“Vriende, asseblief, wees gelukkig. U woon in ’n land met ’n wonderlike, goeie klimaat. Nie net ’n gewone klimaat nie – die Here se klimaat.

“Ons het steeds die mooiste berge en ons speel nog redelik goeie rugby en tot my verbasing ook krieket. Moenie bekommerd en benoud raak nie. Wees nog net ’n rukkie geduldig,” het Botha gesê.

Moenie bekommerd en benoud raak nie. Wees nog net ’n rukkie geduldig.
Pik Botha

Klimaatverandering moet ernstige aandag geniet, “maar dit lyk vir my dit nie belangrik vir die VSA, China en die Russe nie,” het Botha, wat in ’n stadium die langsdienende minister van buitelandse sake in die wêreld was, gesê.

“Ons moet ernstig dink oor hoe ons die mense op hierdie aarde oor tien tot 15 jaar gaan voed.”

Botha het gesê hy is dankbaar dat hy in sy tyd as minister van buitelandse sake ’n rol kon speel om vreedsame skikkings in Suid-Afrika, Zimbabwe en Namibië te bereik.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.