22 Augustus 09:13
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

14°C / 12°C

Wind 23km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 62%

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 18km/h

Reënval 2mm

Humiditeit 78%

Donderdag

15°C / 12°C

Wind 27km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 58%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 24km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 61%

Saterdag

18°C / 10°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Sondag

20°C / 12°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Politiek
Molefe is ‘nie geskik’ vir parlement – DA
’n Emosionele Brian Molefe tydens die mediakonferensie waar hy in trane uitgebars het oor Madonsela se verdoemende verslag.Foto: Leon Sadiki

Die parlement kan nie die “stortingsterrein” of “dankie-sê-speelterrein” word vir lojaliste van pres. Jacob Zuma nie.

Só het Natasha Mazzone, DA-LP, Sondag gereageer op ’n berig dat Brian Molefe, voormalige uitvoerende hoof van Eskom, glo as ’n parlementslid beëdig gaan word.

Dit sal ook die weg baan vir Zuma om hom in sy kabinet aan te stel.

Dit kom nadat die ANC in Noordwes luidens die Sunday Times vir Luthuli-huis, ANC-hoofkantoor, gevra het om Molefe in sy lys in te sluit van lede wat hy na die parlement wil stuur.

Zizi Kodwa, ANC-woordvoerder, het egter by navraag ontken dat daar so ’n versoek was.

“Dit is nie hoe die proses werk nie. Daar is ’n lys van kandidate om LP’s te word, wat voor die verkiesing opgestel word. Jy kan nie bloot ’n nuwe persoon in die lys insluit nie. Daar was ook nie so ’n versoek van Noordwes nie,” het hy gesê.

Jy kan nie bloot ’n nuwe persoon in die lys insluit nie.
Zizi Kodwa - ANC

Bespiegelinge dat Zuma sy kabinet wil skommel, doen reeds geruime tyd die rondte. Molefe is vroeër genoem as ’n moontlike kandidaat om Pravin Gordhan as minister van finansies te vervang.

’n Ander rede vir die kabinetskommeling is glo om plek te maak vir dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, uittredende hoof van die Afrika-unie, sodat sy haar beeld plaaslik kan uitbou in aanloop tot die ANC se verkiesingskonferensie in Desember.

Kodwa het navrae oor ’n moontlike kabinetskommeling na die presidensie verwys, maar dr. Bongani Ngqulunga, presidensiële woordvoerder, kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Molefe het in November bedank ná verdoemende bewerings in die openbare beskermer (OB) se verslag oor staatskaping teen hom.

Die DA het hierna korrupsieverwante klagte by die polisie teen hom ingedien.

Adv. Thuli Madonsela, voormalige OB, het onder meer bevind dat Molefe tussen Augustus 2015 en Maart 2016 altesaam 58 telefoongesprekke met Ajay Gupta, een van die Gupta-broers, gevoer het en dat hy 19 keer in die omgewing van die Guptas se huis in Saxonwold in Johannesburg was.

Natasha Mazzone, DA-LP Foto: Simone Kley

’n Emosionele Molefe het later op ’n mediakonferensie in trane uitgebars oor Madonsela se verslag en daarop gesinspeel dat hy dalk ’n sjebien in die Saxonwold-omgewing kon besoek het en nie noodwendig die Guptas nie.

Mazzone het in ’n verklaring gesê Molefe is in die lig van die OB se verslag “eenvoudig nie geskik vir ’n amp in die parlement” nie.

“Hy sal as ’n nuwe LP lojaliteit moet sweer aan die Grondwet. Hy sal die mense van Suid-Afrika eerste moet plaas, nie Zuma of sy administrasie nie.

“Die Suid-Afrikaanse publiek moet in staat wees om vertroue in diegene te hê wat sy staatsinstelling bestuur, maar meer belangrik ook in die LP’s wat hulle in die parlement verteenwoordig,” lui Mazzone se verklaring.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.