27 April 09:07
Kaapstad Verander Area

Donderdag

20°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Vrydag

22°C / 15°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Saterdag

27°C / 18°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 39%

Sondag

20°C / 17°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 83%

Maandag

19°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Dinsdag

21°C / 15°C

Wind 28km/h

Reënval 0

Humiditeit 67%

Politiek
MRK bekyk Zille se twiets
Helen Zille, Wes-Kaapse premier, sal deur die Menseregtekommissie (MRK) in die Wes-Kaap ondersoek word in verband met haar twiets op 16 Maart oor kolonialisme. Die MRK sê hy gaan probeer vasstel of die twiets ander se menswaardigheid geskend het nadat hy klagte van oor die land heen ontvang het. Foto: Denzil Maregele

Die Menseregtekommissie (MRK) in die Wes-Kaap gaan ondersoek instel om te bepaal of die onlangse twiets van Helen Zille oor kolonialisme op ’n skending van menswaardigheid neergekom het.

Adv. André Gaum van die MRK in die Wes-Kaap het Vrydag bevestig dat vyf klagte oor Zille, Wes-Kaapse premier, van oor die land heen ontvang is.

Dit sluit ’n klag van haatspraak in, maar dit word nie ondersoek nie omdat Zille se twiets nie geweld aangehits het nie.

Zille het op 16 Maart getwiet oor die uitwerking van kolonialisme op verskillende lande en vergelykings getref.

Een van die twiets om 08:25 het beweer dat diegene wat sê kolonialisme het slegs negatiewe gevolge gehad, moet “dink aan ons onafhanklike regbank, vervoerinfrastruktuur, leidswater, ensovoorts”.

Zille het op 16 Maart om 08:25 dié twiet uitgestuur waaroor ’n herrie losgebars het. Hierin beweer sy dat diegene wat sê dat kolonialisme slegs negatiewe gevolge gehad het, moet “dink aan ons onafhanklike regbank, vervoerinfrastruktuur, leidswater, ensovoorts”. Foto: Twitter
Zille het kort ná die omstrede twiet daarvoor om verskoning op Twitter gevra. Sy het om 09:59 gesê die vorige twiets is nie bedoel om kolonialisme goed te praat nie.Foto: Twitter

Sy het om 09:59 om verskoning gevra vir dié twiet en gesê sy het nie kolonialisme goedgepraat nie.

Gaum het gesê ’n brief met die aantygings teen Zille sal aanstaande week vir haar gestuur word en sy sal geleentheid kry om haar saak te stel.

“Dit word hanteer as ’n eie inisiatief van die MRK waar ons sal bepaal of die twiets wel ander se menswaardigheid geskend het.”

Die DA het vroeër aangedui dat hy klagte teen Zille ondersoek weens die twiets wat oënskynlik kolonialisme verdedig het en die party se regskommissie het Dinsdag gesê die ondersoek vorder goed.

Vier klagte is teen Zille aanhangig gemaak in verband met bewerings dat sy die naam en belange van die DA skade berokken het.

Die party het hom van Zille se twiets gedistansieer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.