22 Augustus 20:40
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 18km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 11°C

Wind 27km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 59%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Saterdag

18°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Sondag

19°C / 11°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Maandag

21°C / 10°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Politiek
Nuwe diensverskaffer vir toelae teen November

’n Nuwe diensverskaffer wat maatskaplike toelae sal uitbetaal, sal reeds teen November aangestel wees.

Dit sal Cash Paymaster Services (CPS) as uitbetaler van die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) vervang.

Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling, het dit in ’n geskrewe antwoord op ’n parlementêre vraag Maandag bevestig.

Bathabile DlaminiFoto: CONRAD BORNMAN

Sy het gereageer op ’n geskrewe vraag van die DA-LP Evelyn Wilson, waarin sy Dlamini vra watter stappe al gedoen is om ’n mededingende bodproses vir ’n nuwe kontrakteur of kontrakteurs vir die uitbetaal van maatskaplike toelae in plek te stel en of ’n tydsraamwerk daarvoor al bestaan.

Dlamini het geantwoord ’n bodspesifikasie-komitee is reeds aangestel.

“(Die komitee) is in die proses om ’n konsepspesifikasie te ontwikkel wat aan die bodtoekenningskomitee vir goedkeuring voorgelê sal word.”

Volgens Dlamini sal die verkrygingsproses daarvoor van Julie tot September duur.

Die uitfaseringsonderhandelinge met CPS sal volgens haar dan in November 2017 geskied, terwyl die nuwe diensverskaffer in dieselfde maand oorneem.

Dlamini se parlementêre antwoord kom enkele dae nadat die konstitusionele hof Donderdag nie ’n bevinding kon maak nie oor of sy persoonlik verantwoordelik gehou moet word vir die regskoste van die hofgeding oor die fiasko oor die uitbetaling van maatskaplike toelae.

Vroeër is berig hoe die hof ook gelas het dat ’n behoorlike ondersoek daaroor gedoen moet word en dat alle partye binne 14 dae hul saak hieroor per verklaring aan die hof moet verduidelik.

Die konstitusionele hof het in Maart vanjaar ook beveel dat ’n paneel kundiges aangestel moet word om Sassa by te staan in die uitfasering van CPS se dienste.

Die hof het toe in dieselfde uitspraak beveel dat CPS, ondanks die feit dat sy kontrak om maatskaplike toelae uit te betaal onwettig is, mag aanhou om van 1 April vir ’n tydperk van 12 maande met die uitbetaling van die toelae voort te gaan.

Dié uitspraak het ’n maatskaplike ramp afgeweer omdat groot paniek ontstaan het toe dit aan die lig gekom het dat Sassa self nie gereed sou wees om die toelae aan die sowat 17 miljoen begunstigdes daarvan op 1 April vanjaar uit te betaal nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.