22 Augustus 20:42
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 18km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 11°C

Wind 27km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 59%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Saterdag

18°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Sondag

19°C / 11°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Maandag

21°C / 10°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Politiek
OB staan Zuma se aansoek oor staatskaping teen

Sy is nié deur pres. Jacob Zuma gekaap nie, maar deur die Grondwet, het adv. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer (OB), Maandag op ’n mediakonferensie in Pretoria gesê.

“Ek is hier tot die diens van Suid-Afrikaners,” het sy gesê.

Mkhwebane het dié uitlating gemaak kort nadat sy aangekondig het sy sal Zuma se aansoek in Februarie in die hooggeregshof in Pretoria om adv. Thuli Madonsela, voormalige OB, se staatskapingsverslag op regterlike hersiening te neem teenstaan.

Des van Rooyen, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, en Mosebenzi Zwane, minister van minerale bronne, wil ook die verslag laat hersien.

Madonsela het verlede jaar kort voordat haar termyn as OB verstryk het onder meer in dié verslag voorgestel ’n regterlike kommissie van ondersoek moet die sage ondersoek. Dít was nie vir Zuma aanvaarbaar nie.

Ek is besig om regsadvies in te win. Ons sal die hersiening teenstaan
Adv. Busisiwe Mkhwebane, OB

“Ek is besig om regsadvies in te win. Ons sal die hersiening teenstaan,” sê Mkhwebane.

Daar was ná haar aanstelling in dié pos baie bespiegelinge dat sy ’n Zuma-lojalis is.

“Ons is besig om die proses te finaliseer om al die bewyse te versamel wat nodig is,” sê sy.

Oor die Gupta-Waterklooflugmagbasis-skandaal sê sy haar kantoor het net een klag daaroor ontvang. Dit was van die DA en die saak word nog ondersoek.

Adv. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer, Maandag op ’n mediakonferensie in Pretoria. Foto: Sarel van der Walt

Oor haar ondersoek na die beweerde onreëlmatighede by die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa), sê die OB sy het Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling, in kennis gestel dat sy daarby betrek word.

Sy sê die klagte van sekere parlementslede teen die nasionale tesourie en ander finansiële instellings word ook ondersoek.

Haar span ondersoek ook die toekenning van SAUK-tenders in 2014.

Mkhwebane sê sy en haar span is onder groot druk omdat hulle onder die werk toegegooi is. “Daar is ’n groot agterstand. Ons het meer as 4 000 sake.”

Mkhwebane se kantoor het verlede week aangekondig sy wil opnuut ’n ondersoek na bewerings oor staatskaping begin.

Beweringe oor die misbruik van staatsgeld by Eskom, die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) en Transnet sal onder meer ondersoek word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.