27 Mei 13:50
Kaapstad Verander Area

Saterdag

17°C / 12°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 73%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Maandag

20°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Dinsdag

21°C / 14°C

Wind 8km/h

Reënval 0

Humiditeit 49%

Woensdag

20°C / 13°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Donderdag

20°C / 14°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Politiek
Optog in George uitgestel

Die voorgenome protesoptog in George wat aanstaande Donderdag op Vryheidsdag sou plaasvind, is tot Werkersdag op 1 Mei uitgestel.

Tertius Simmers, burgemeesterskomiteelid van die Eden-distriksmunisipaliteit, sê die optog gaan beslis voort.

Dit is net uitgestel weens logistieke reëlings.

Daar is twee roetes. Die een optog sal in Rosemore begin en die ander een aan die onderpunt van Yorkstraat.

Albei die optogte begin om 09:00 en optoggangers sal by mekaar in Yorkstraat aansluit. Die optog eindig in Eenheidspark.

Die geleentheid behoort teen 12:00 klaar te wees. Die organiseerders hoop dit sal die grootste optog tot nog toe in George wees. Tussen 2 000 en 4 000 mense word verwag

Simmers sê almal is welkom, ongeag hul partypolitieke verbintenis. Dit is nie ’n geleentheid van die DA of enige ander politieke party nie. Dit is vir die hele gemeenskap.

“Die oogmerk is om Suid-Afrika te red. Suid-Afrika is besig om vinnig agteruit te gaan.

“Die optog is nie teen pres. Jacob Zuma nie. Ons as landsburgers wil sê kiesers moet openbare verteenwoordigers verantwoordbaar hou en die belange van die land eerste stel.”

Hulle wil met die optog die aandag daarop vestig dat daar ’n skoon en verantwoordbare regering moet wees.

“Kiesers moet besef hul plig eindig nie wanneer hulle hul kruisies by die stembus getrek het nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.