24 April 15:26
Kaapstad Verander Area

Maandag

23°C / 14°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Dinsdag

23°C / 14°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 53%

Woensdag

20°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Donderdag

20°C / 16°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 76%

Vrydag

21°C / 14°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Saterdag

28°C / 16°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 39%

Politiek
Parlement moet in Kaapstad bly, sê Helen Zille
Helen Zille, Wes-Kaapse premier. Foto: Jonathan Lestrade

Die Wes-Kaapse premier Helen Zille meen as president Jacob Zuma ernstig daaroor is om geld te bespaar sal hy die parlement in Kaapstad hou en eerder die regeringsetel van Pretoria hierheen skuif.

Zille het Vrydag haar provinsiale rede in die Wes-Kaapse wetgewer gelewer. Haar toespraak het groot klem geplaas op hoe die provinsiale regering vooruitgang in moeilike ekonomiese omstandighede gaan bewerkstellig.

Sy het gesê sy was geïnteresseerd om te hoor Zuma sê tydens sy staatsrede dit sal sin maak om een magsetel vir die wetgewende én uitvoerende gesag te hê.

“Dit was vir my interessant dat die meeste mense aanvaar het die oplossing is om die parlement uit Kaapstad na Tshwane te skuif,” het sy gesê. “As die president se motief werklik is om geld te bespaar moet dit andersom wees. Die administratiewe hoofstad moet na Kaapstad skuif.”

Zille het gesê sy het reeds die relevante ministers gevra om die bestaande planne om die middestad te herontwikkel aan te pas. Hulle sal volgende week ’n mediakonferensie hou om voorstelle bekend te maak vir hoe die regering met die private sektor kan saamwerk om administratiewe kantore en verblyf vir parlementslede in die beskikbare 3 ha rondom die parlement te ontwikkel.

“Die regering kan dan die duur, ministeriële huise verkoop en ministers kan in aangename woonstelle op die boonste vlakke van dié kantoorgeboue woon, waar hulle ’n ongeëwenaarde, 360°C-uitsig op die stad, berg en see sal hê,” het sy gesê.

As die president se motief werklik is om geld te bespaar moet dit egter andersom wees. Die administratiewe hoofstad moet na Kaapstad skuif.
Helen Zille

“Hulle kan werk toe stap en ons kan selfs ’n vuurpoel op die parlement se dak bou as hulle sou wou.”

Die premier het voorgestel Zuma vra die Gautengse regering om ’n soortgelyke voorstel in te dien sodat daar ’n vergelyking getref kan word of dit meer koste-doeltreffend sal wees om die regeringsetel in Kaapstad of Pretoria te hê.

Zille se voorstel is met luide teenstand van ANC-banke ontvang.

Kaya Mgaxa, ANC-leier in die wetgewer, het ná die tyd gesê hy verstaan nie waarom Zille soveel tyd aan dié idee in haar toespraak bestee het nie aangesien dit nog nie werklik ’n moontlikheid is om die parlement te skuif nie.

Hy het gesê sy moes eerder op werklike kwessies gefokus het. 

“Die premier is lief daarvoor om die Wes-Kaap met provinsies soos die Oos-Kaap en Mpumalanga te vergelyk, maar dit is onregverdig omdat hulle die armste provinsies is,” het hy gesê. “As sy ’n regverdige vergelyking wil tref, moet sy die Wes-Kaap met Gauteng vergelyk. Daar kon die ANC reeds verskillende rassegroepe suksesvol integreer en lewe almal in vrede saam.”



MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.